Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ypq vraag 10 bl. 30-31
  • Hoe kan die Bybel my help?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan die Bybel my help?
  • Antwoorde op 10 vrae wat jongmense vra
  • Soortgelyke materiaal
  • Reg en verkeerd: ’n Vraag wat ons almal vra
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
  • Wat dink jy van die Bybel?
    Wat dink jy van die Bybel?
  • Wanneer kaarte alleen nie voldoende is nie—die verbasende Globale Posisiebepalingstelsel
    Ontwaak!—1999
  • Nog hulp vir die familie
    Ontwaak! — 2018
Sien nog
Antwoorde op 10 vrae wat jongmense vra
ypq vraag 10 bl. 30-31
’n Jong man sit buite en lees die Bybel

VRAAG 10

Hoe kan die Bybel my help?

WAAROM DIT SAAK MAAK

Die Bybel sê dat “die hele Skrif . . . deur God geïnspireer [is]” (2 Timoteus 3:16). As dit waar is, kan die Bybel jou die nodige leiding gee.

WAT SOU JY DOEN?

Stel jou hierdie toneel voor: David ry in ’n gebied waar niks bekend lyk nie. Die padtekens en bakens wys dat hy nie is waar hy moet wees nie. David besef dat hy verdwaal het. Hy moes iewers langs die pad by die verkeerde straat afgedraai het.

Wat sou jy doen as jy David was?

STOP EN DINK!

Jy het verskeie opsies:

  1. Vra vir hulp.

  2. Gebruik ’n kaart of ’n GPS.

  3. Hou aan ry en hoop dat jy op die een of ander manier die plek sal vind.

Opsie C is natuurlik die ondoeltreffendste.

Opsie B het ’n voordeel bo die eerste. Jy kan immers ’n kaart of GPS gedurende jou reis by jou hou, en dit kan help om jou te lei.

Die Bybel kan jou op ’n soortgelyke manier help!

Hierdie topverkoper kan

  • jou deur die lewe se probleme help

  • jou help om jouself beter te leer ken en ’n beter persoon te word

  • jou wys hoe om die beste lewe moontlik te hê

ANTWOORDE OP DIE LEWE SE BELANGRIKE VRAE

Van die oomblik dat ons kan praat, vra ons vrae.

  • Waarom is die lug blou?

  • Waarvan is die sterre gemaak?

Later begin ons vrae vra oor die wêreld om ons.

  • Waarom gebeur slegte dinge?

  • Waarom sterf mense?

Sê nou die antwoorde op hierdie vrae was nog altyd in die Bybel?

Baie mense sê dat die Bybel vol mites en legendes is, dat dit verouderd is of dat dit eenvoudig te moeilik is om te verstaan. Maar is die Bybel werklik die probleem of is dit eerder wat mense oor die Bybel gehoor het? Is hulle dalk verkeerd ingelig?

Byvoorbeeld, mense dink dat die Bybel sê dat God in beheer van die wêreld is. Maar hoe kan dit wees? Hierdie wêreld is buite beheer! Dit word geteister deur pyn en lyding, siekte en die dood, armoede en rampe. Hoe kan ’n liefdevolle God hiervoor verantwoordelik wees?

Wil jy graag weet wat die antwoord is? Wat die Bybel sê oor wie in beheer van die wêreld is, sal jou dalk verbaas!

Jy het waarskynlik opgemerk dat die raad in hierdie brosjure op die Bybel gebaseer is. Jehovah se Getuies is oortuig daarvan dat die Bybel ’n betroubare bron van leiding is. Dit is omdat dit “deur God geïnspireer [is] en . . . nuttig [is] om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel” (2 Timoteus 3:16, 17). Jy is dit aan jouself verskuldig om hierdie ou—maar moderne—boek te ondersoek!

LEER MEER!

Waarom moet jy die Bybel studeer?

Kyk die video Waarom moet jy die Bybel studeer? op www.pr2711.com/af.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel