Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 11 bl. 32-bl. 33 par. 2
  • ’n Toets van geloof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Toets van geloof
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • God toets Abraham se geloof
    My boek met Bybelverhale
  • Die grootste bewys van God se liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jehovah het hom “my vriend” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Wie was Abraham?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 11 bl. 32-bl. 33 par. 2
Abraham en Isak loop na Moria

LES 11

’n Toets van geloof

Abraham het sy seun Isak geleer om Jehovah lief te hê en om op al Jehovah se beloftes te vertrou. Maar toe Isak omtrent 25 jaar oud was, het Jehovah Abraham gevra om iets te doen wat vir hom baie moeilik sou wees. Wat moes hy doen?

God het vir Abraham gesê: ‘Neem asseblief jou enigste seun na ’n berg in die land Moria en offer hom daar as ’n offerande op.’ Abraham het glad nie verstaan hoekom Jehovah hom gevra het om dit te doen nie. Maar hy was nogtans gehoorsaam aan Jehovah.

Abraham het vroeg die volgende oggend saam met Isak en twee van sy knegte na Moria toe begin reis. Ná drie dae kon hulle die berge van ver af sien. Abraham het vir sy knegte gesê om te wag terwyl hy en Isak verder gegaan het om ’n offerande te bring. Abraham het vir Isak vuurmaakhout gegee om te dra, en Abraham het ’n mes saamgeneem. Isak het vir sy pa gevra: ‘Waar is die dier wat ons gaan offer?’ Abraham het geantwoord: ‘My seun, Jehovah sal ’n dier voorsien.’

Toe hulle uiteindelik by die berg aankom, het hulle ’n altaar gebou. Abraham het toe Isak se hande en voete vasgemaak en hom op die altaar gesit.

Isak is vasgemaak op die altaar en Abraham hou ’n mes vas

Abraham het die mes opgetel. Op daardie oomblik het Jehovah se engel uit die hemel geroep: ‘Abraham! Moenie die seun seermaak nie! Nou weet ek dat jy in God glo, want jy was bereid om jou seun op te offer.’ Abraham het toe ’n ram gesien wat aan sy horings in ’n bos vasgesit het. Hy het Isak toe vinnig losgemaak en eerder die ram geoffer.

Van daardie dag af het Jehovah Abraham sy vriend genoem. Weet jy hoekom? Abraham het alles gedoen wat Jehovah hom gevra het, selfs wanneer hy nie verstaan het hoekom Jehovah dit gevra het nie.

Abraham maak Isak los

Jehovah het weer vir Abraham belowe: ‘Ek sal jou seën en jou kinders, of nageslag, vermeerder.’ Dit het beteken dat Jehovah Abraham se familie sou gebruik om alle goeie mense te seën.

“God het die wêreld so liefgehad dat hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat geloof in hom beoefen, nie vernietig sal word nie, maar die ewige lewe kan hê.” – Johannes 3:16

Vrae: Hoe het Abraham gewys dat hy op Jehovah vertrou het? Wat het Jehovah vir Abraham belowe?

Genesis 22:1-18; Hebreërs 11:17-19; Jakobus 2:21-23

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel