Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 12 bl. 34-bl. 35 par. 5
  • Jakob het die erfenis gekry

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jakob het die erfenis gekry
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Tweeling wat verskil het
    My boek met Bybelverhale
  • Bewaar jou erfenis deur wyse keuses te maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Jakob en Esau maak vrede
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 12 bl. 34-bl. 35 par. 5
Jakob gee vir Esau ’n bord bredie in ruil vir sy geboortereg

LES 12

Jakob het die erfenis gekry

Isak en Rebekka saam met hulle tweelingseuns, Jakob en Esau

Isak was 40 jaar oud toe hy met Rebekka getrou het. Hy het haar baie liefgehad. Hulle het later twee seuns gehad – hulle was ’n tweeling.

Die oudste een se naam was Esau en die jonger een se naam was Jakob. Esau het daarvan gehou om buite te wees en hy was ’n goeie jagter. Maar Jakob het daarvan gehou om by die huis te bly.

In daardie dae het die oudste seun die meeste van die grond en geld gekry wanneer sy pa gesterf het. Dit was ’n erfenis genoem. In Isak se familie sou die een wat die erfenis ontvang, ook ’n deel hê aan die beloftes wat Jehovah aan Abraham gemaak het. Daardie beloftes was nie vir Esau belangrik nie, maar Jakob het geweet dat dit baie belangrik is.

Jakob en Esau

Eendag was Esau baie moeg toe hy ná ’n lang dag in die veld by die huis kom. Hy het die lekker kos geruik wat Jakob besig was om te kook en hy het gesê: ‘Ek is dood van die honger! Gee my ’n bietjie van daardie rooi bredie!’ Jakob het gesê: ‘Ek sal, maar belowe my eers dat ek jou erfenis kan kry.’ Esau het geantwoord: ‘Ek gee tog nie om vir my erfenis nie! Jy kan dit maar kry. Ek wil net eet.’ Dink jy dat dit wys van Esau was? Nee, dit was nie. Esau het iets baie waardevols weggegee in ruil vir ’n bord kos.

Toe Isak baie oud was, was dit tyd om aan sy oudste kind ’n seën te gee. Maar Rebekka het Jakob, die jonger seun, gehelp om die seën te kry. Toe Esau hiervan uitvind, was hy baie kwaad en hy het beplan om sy tweelingbroer dood te maak. Isak en Rebekka wou Jakob beskerm, en daarom het hulle vir hom gesê: ‘Gaan weg en gaan bly by jou ma se broer, oom Laban, totdat Esau nie meer kwaad is nie.’ Jakob het na sy ouers se raad geluister en vir sy lewe gevlug.

“Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld wen, maar sy lewe verloor? Wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe?” – Markus 8:36, 37

Vrae: Watter soort persoon was Esau? Watter soort persoon was Jakob? Hoekom het Jakob ’n seën gekry in plaas van Esau?

Genesis 25:20-34; 27:1–28:5; Hebreërs 12:16, 17

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel