Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 16 bl. 44-bl. 45 par. 4
  • Wie was Job?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie was Job?
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Job het Jehovah se naam hooggehou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • “Hoop op Jehovah”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Bybelboek nommer 18—Job
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • ‘Ek sal my onkreukbaarheid nie prysgee nie!’
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 16 bl. 44-bl. 45 par. 4
Drie mans besoek Job, wat sere oor sy hele lyf het

LES 16

Wie was Job?

In die land Us het ’n man gewoon wat Jehovah aanbid het. Sy naam was Job. Hy was ’n baie ryk man en het ’n groot gesin gehad. Hy was liefdevol en hy het arm mense gehelp, sowel as vroue wie se mans gesterf het en kinders wat nie ouers gehad het nie. Maar sou Job, net omdat hy gedoen het wat reg is, nooit probleme hê nie?

Satan die Duiwel

Satan het Job dopgehou, maar Job het dit nie geweet nie. Jehovah het vir Satan gesê: ‘Het jy my kneg Job gesien? Daar is niemand soos hy op die aarde nie. Hy luister na my en doen wat reg is.’ Satan het geantwoord: ‘Natuurlik gehoorsaam Job jou. Jy beskerm hom en seën hom. Jy gee hom grond en diere. Neem dit alles weg, en hy sal ophou om jou te aanbid.’ Jehovah het gesê: ‘Jy mag Job toets. Maar jy mag hom nie doodmaak nie.’ Hoekom het Jehovah Satan toegelaat om Job te toets? Hy was vol vertroue dat Job getrou sou bly.

Satan het Job begin toets deur ’n hele paar verskriklike dinge met hom te laat gebeur. Eerstens het hy mense wat die Sabeërs genoem is, gestuur om Job se beeste en donkies te steel. Daarna het ’n vuur al Job se skape vernietig. ’n Ander groep mense, die Galdeërs, het sy kamele gesteel. Die knegte wat hierdie diere opgepas het, is doodgemaak. Toe het die ergste ding gebeur. Al Job se kinders het gesterf toe die huis waarin hulle feesgevier het, op hulle geval het. Job was baie hartseer, maar hy het nie opgehou om Jehovah te aanbid nie.

Satan wou hê dat Job selfs meer moes ly, en daarom het hy veroorsaak dat Job sere oor sy hele lyf gekry het. Job het baie pyn gehad. Hy het nie geweet hoekom al hierdie dinge met hom gebeur nie. Maar Job het Jehovah nog steeds aanbid. God het al hierdie dinge gesien, en Job het God se hart baie bly gemaak.

Toe het Satan drie mans gestuur om Job te toets. Hulle het vir hom gesê: ‘Jy het seker gesondig en dit probeer wegsteek. En nou straf God jou.’ Job het gesê: ‘Ek het niks verkeerds gedoen nie.’ Maar toe het hy begin dink dat Jehovah hierdie probleme veroorsaak, en hy het gesê dat God hom onregverdig behandel.

’n Jong man met die naam Elihu het na die gesprek geluister sonder om iets te sê. Toe het hy gepraat en gesê: ‘Julle is almal verkeerd. Ons verstaan nie hoe groot Jehovah is nie. Hy kan nooit iets slegs doen nie. Hy sien alles en help mense met hulle probleme.’

Job en sy vrou met ’n baba

Toe het Jehovah met Job gepraat. Hy het gesê: ‘Waar was jy toe ek die hemel en die aarde gemaak het? Hoekom sê jy dat ek onregverdig is? Jy praat, maar jy weet nie hoekom dinge gebeur nie.’ Job het sy fout erken en gesê: ‘Ek was verkeerd. Ek het van u gehoor, maar nou ken ek u regtig. Niks is vir u onmoontlik nie. Ek is jammer oor wat ek gesê het.’

Toe die toets verby was, het Jehovah Job weer gesond gemaak en hom baie meer gegee as wat hy eers gehad het. Job het ’n lang en gelukkige lewe gehad. Jehovah het Job geseën omdat hy na hom geluister het, selfs toe dit vir hom moeilik was. Sal jy soos Job wees en aanhou om Jehovah te aanbid, maak nie saak wat gebeur nie?

“Julle het gehoor van die volharding van Job en het gesien hoe Jehovah dit laat afloop het.” – Jakobus 5:11

Vrae: Hoe het Satan Job getoets? Hoe het Jehovah Job beloon?

Job 1:1–3:26; 4:7; 32:1-5; 34:5, 21; 35:2; 36:15, 26; 38:1-7; 40:8; 42:1-17

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel