Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 17 bl. 46-bl. 47 par. 2
  • Moses het gekies om Jehovah te aanbid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moses het gekies om Jehovah te aanbid
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Iets van groter waarde as die skatte van Egipte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Hoe baba Moses gered is
    My boek met Bybelverhale
  • Ouers se geloof word beloon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Moses—Mens of mite?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 17 bl. 46-bl. 47 par. 2
Die baba Moses word deur Farao se dogter gevind terwyl Mirjam van naby toekyk

LES 17

Moses het gekies om Jehovah te aanbid

In Egipte is Jakob se familie Israeliete genoem. Nadat Jakob en Josef gesterf het, het ’n nuwe Farao begin heers. Hy was bang dat die Israeliete sterker as die Egiptenare sou word. Daarom het hierdie Farao van die Israeliete slawe gemaak. Hy het hulle gedwing om bakstene te maak en om baie hard in die landerye te werk. Maar al het die Egiptenare hulle gedwing om hard te werk, het die Israeliete meer en meer geword. Farao het nie hiervan gehou nie, en daarom het hy beveel dat al die pasgebore Israelitiese seuntjies doodgemaak moet word. Dink jy nie dat dit die Israeliete baie bang gemaak het nie?

’n Israelitiese vrou met die naam Jogebed het ’n pragtige babaseuntjie gehad. Om hom te beskerm, het sy hom in ’n mandjie gesit en dit tussen die riete van die Nylrivier weggesteek. Die baba se suster, Mirjam, het daar naby gebly om te kyk wat sou gebeur.

Farao se dogter het in die rivier kom bad en het die mandjie gesien. Sy het ’n huilende baba in die mandjie gevind en hom jammer gekry. Mirjam het gevra: ‘Moet ek ’n vrou gaan soek wat vir jou na die kind kan kyk?’ Farao se dogter het ja gesê, en Mirjam het haar eie ma, Jogebed, gebring. Farao se dogter het vir haar gesê: ‘Neem hierdie baba, kyk na hom, en ek sal jou betaal.’

Moses hardloop

Toe die kind ouer was, het Jogebed hom na Farao se dogter geneem, en sy het hom Moses genoem en hom as haar eie seun grootgemaak. Moses het as ’n prins grootgeword en kon enigiets kry wat hy wou hê. Maar Moses het Jehovah nooit vergeet nie. Hy het geweet dat hy eintlik ’n Israeliet is, nie ’n Egiptenaar nie. En hy het gekies om Jehovah te dien.

Toe Moses 40 was, het hy besluit om sy volk te help. Hy het eenkeer gesien hoe ’n Egiptenaar ’n Israelitiese slaaf slaan. Moses het die Egiptenaar so hard geslaan dat hy gesterf het. Moses het die lyk in die sand weggesteek. Toe Farao hiervan uitvind, het hy Moses probeer doodmaak. Maar Moses het na die land Midian gevlug. Jehovah het daar vir hom gesorg.

“Deur geloof het Moses geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word . . . . Hy het eerder gekies om saam met God se volk sleg behandel te word.” – Hebreërs 11:24, 25

Vrae: Hoe is die Israeliete in Egipte behandel? Hoekom het Moses uit Egipte gevlug?

Genesis 49:33; Eksodus 1:1-14, 22; 2:1-15; Handelinge 7:17-29; Hebreërs 11:23-27

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel