Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 24 bl. 62-bl. 63 par. 2
  • Hulle het hulle belofte verbreek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het hulle belofte verbreek
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Die goue kalf
    My boek met Bybelverhale
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Leer ken Jehovah se weë
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Moses—Hoe sy lewe jou raak
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 24 bl. 62-bl. 63 par. 2
Die Israeliete sing en dans rondom die goue kalf

LES 24

Hulle het hulle belofte verbreek

Jehovah het vir Moses gesê: ‘Kom teen die berg op na my toe. Ek sal my wette op kliptablette skryf en dit vir jou gee.’ Moses het teen die berg opgeklim en 40 dae en 40 nagte daar gebly. Terwyl hy daar was, het Jehovah die Tien Gebooie op twee kliptablette geskryf en dit vir Moses gegee.

Moses gooi die kliptablette op die grond neer

Ná ’n rukkie het die Israeliete begin dink dat Moses nie gaan terugkom nie. Hulle het vir Aäron gesê: ‘Ons wil iemand hê om ons te lei. Maak vir ons ’n god!’ Toe het Aäron gesê: ‘Gee julle goud vir my.’ Hy het die goud gesmelt en ’n beeld van ’n kalf daarmee gemaak. Die volk het gesê: ‘Hierdie kalf is ons God wat ons uit Egipte gelei het!’ Hulle het die goue kalf begin aanbid en ’n fees gehou. Was dit verkeerd? Ja, want die volk het belowe om nét Jehovah te aanbid. Maar nou het hulle daardie belofte verbreek.

Jehovah het gesien wat gebeur en hy het vir Moses gesê: ‘Gaan af na die volk toe. Hulle is ongehoorsaam aan my en hulle aanbid ’n valse god.’ Moses het die twee kliptablette gevat en teen die berg afgeklim.

Toe Moses naby die kamp kom, het hy die volk hoor sing. Hy het ook gesien hoe hulle dans en voor die kalf neerbuig. Moses was baie kwaad. Hy het die twee kliptablette op die grond gegooi, en dit het in stukke gebreek. Hy het die beeld dadelik vernietig. Hy het toe vir Aäron gevra: ‘Hoe het die volk jou omgepraat om hierdie vreeslike ding te doen?’ Aäron het gesê: ‘Moenie kwaad wees nie. Jy weet hoe hierdie volk is. Hulle wou ’n god hê, en daarom het ek die goud in die vuur gegooi en toe het hierdie kalf uitgekom!’ Aäron moes dit nie gedoen het nie. Moses het weer teen die berg opgeklim en Jehovah gesmeek om die volk te vergewe.

Jehovah het die mense vergewe wat bereid was om hom te gehoorsaam. Verstaan jy hoekom dit so belangrik was dat die Israeliete Moses se leierskap moes volg?

“Wanneer jy ’n gelofte aan God maak, moet jy nie uitstel om dit na te kom nie, want hy hou nie van dwase mense nie. As jy ’n gelofte maak, moet jy dit nakom.” – Prediker 5:4

Vrae: Wat het die Israeliete gedoen terwyl Moses weg was? Wat het Moses gedoen toe hy teruggekom het?

Eksodus 24:12-18; 32:1-30

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel