Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 33 bl. 82-bl. 83 par. 2
  • Rut en Naomi

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rut en Naomi
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Rut en Naomi
    My boek met Bybelverhale
  • “Waar u gaan, sal ek gaan”
    Volg hulle geloof na
  • Glanspunte uit die boek Rut
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • “Waar u gaan, sal ek gaan”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 33 bl. 82-bl. 83 par. 2
Naomi sê vir Rut om huis toe te gaan

LES 33

Rut en Naomi

Gedurende ’n hongersnood in Israel, het ’n Israelitiese vrou met die naam Naomi saam met haar man en hulle twee seuns na die land Moab getrek. Later het Naomi se man gesterf. Haar seuns het met Rut en Orpa getrou; hulle was Moabiete. Ongelukkig het Naomi se seuns ook later gesterf.

Toe Naomi hoor dat daar nie meer hongersnood in Israel is nie, het sy besluit om huis toe te gaan. Rut en Orpa het saam met haar gegaan, maar terwyl hulle nog op pad was, het sy vir hulle gesê: ‘Julle was goeie vrouens vir my seuns en goeie skoondogters vir my. Ek wil hê dat julle al twee weer moet trou. Gaan huis toe, na Moab toe.’ Die vroue het gesê: ‘Ons is lief vir ma! Ons wil saam met ma gaan.’ Naomi het aangehou om te sê dat hulle moet teruggaan. Op die ou end het Orpa teruggegaan, maar Rut het gebly. Naomi het vir haar gesê: ‘Orpa gaan terug na haar volk en na haar gode toe. Gaan saam met haar terug, en gaan na jou ma se huis toe.’ Maar Rut het gesê: ‘Ek sal nie gaan nie. Ma se volk sal my volk wees, en ma se God sal my God wees.’ Hoe dink jy het Naomi gevoel toe Rut dit gesê het?

Rut en Naomi het in Israel aangekom toe dit tyd was om gars te begin oes. Op ’n dag het Rut graan gaan optel wat oorgebly het in die landerye van ’n man met die naam Boas. Hy was Ragab se seun. Hy het gehoor dat Rut ’n Moabiet is wat lojaal aan Naomi was en gekies het om by haar te bly. Hy het vir sy werkers gesê om ’n bietjie ekstra graan in die landerye te los sodat Rut dit kon optel.

Rut tel graan op in Boas se landerye

Daardie aand het Naomi vir Rut gevra: ‘In wie se landerye het jy vandag gewerk?’ Rut het gesê: ‘In die landerye van ’n man met die naam Boas.’ Naomi het vir haar vertel: ‘Boas is familie van my man. Hou aan om saam met die ander jong vroue in sy landerye te werk. Jy sal veilig wees daar.’

Naomi saam met Boas, Rut en Obed

Rut het in Boas se landerye bly werk totdat die oes klaar was. Boas het gesien dat Rut hard werk en dat sy ’n goeie vrou is. As ’n man in daardie dae gesterf het sonder dat hy seuns gehad het, moes een van sy familielede met sy weduwee trou. Daarom het Boas met Rut getrou. Hulle het ’n seun met die naam Obed gehad, wat later koning Dawid se oupa geword het. Naomi se vriendinne was baie bly. Hulle het gesê: ‘Eers het Jehovah Rut vir jou gegee, wat jou baie goed behandel het, en nou het jy ’n kleinseun. Mag Jehovah geloof word.’

“Daar is ’n vriend wat lojaler is as ’n broer.” – Spreuke 18:24

Vrae: Hoe het Rut gewys dat sy vir Naomi lief is? Hoe het Jehovah vir Rut en Naomi gesorg?

Rut 1:1–4:22; Matteus 1:5

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel