Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 42 bl. 102-bl. 103 par. 3
  • Jonatan is dapper en lojaal

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jonatan is dapper en lojaal
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Sterk band van vriendskap
    Volg hulle geloof na
  • Jonatan—‘Hy het saam met God gewerk’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Niks kan Jehovah keer nie
    Volg hulle geloof na
  • Verenig onder ’n vaandel van liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 42 bl. 102-bl. 103 par. 3
Jonatan en sy wapendraer

LES 42

Jonatan is dapper en lojaal

Koning Saul se oudste seun, Jonatan, was ’n dapper soldaat. Dawid het gesê dat Jonatan vinniger as ’n arend en sterker as ’n leeu was. Eendag het Jonatan 20 Filistynse soldate op ’n heuwel gesien. Hy het vir die man wat sy wapens dra, gesê: ‘Ons sal hulle net aanval as Jehovah vir ons ’n teken gee. As die Filistyne vir ons sê om na hulle toe te kom, dan weet ons dat ons hulle moet aanval.’ Die Filistyne het geskree: ‘Kom hiernatoe en veg!’ Die twee mans het toe teen die heuwel opgeklim en die soldate oorwin.

Jonatan gee van sy goed vir Dawid

Omdat Jonatan Saul se oudste seun was, sou hy die volgende koning word. Maar Jonatan het geweet dat Jehovah Dawid gekies het om die volgende koning van Israel te word, maar hy was nie jaloers nie. Jonatan en Dawid het baie goeie vriende geword. Hulle het belowe om mekaar te beskerm en te help. Jonatan het sy eie kleed, sy swaard, sy boog en sy belt vir Dawid gegee om te wys dat hulle vriende is.

Toe Dawid vir Saul gevlug het, het Jonatan na hom toe gegaan en gesê: ‘Wees sterk en wees dapper. Jehovah het jou gekies om koning te wees. Selfs my pa weet dit.’ Sal jy daarvan hou om ’n goeie vriend soos Jonatan te hê?

Jonatan het meer as een keer sy lewe gewaag om sy vriend te help. Hy het geweet dat koning Saul Dawid wou doodmaak, en daarom het hy vir sy pa gesê: ‘Dit sal ’n sonde wees as pa vir Dawid doodmaak. Hy het niks verkeerds gedoen nie.’ Saul was baie kwaad vir Jonatan. ’n Paar jaar later het Jonatan en Saul saam in ’n geveg gesterf.

Ná Jonatan se dood het Dawid na Jonatan se seun Mefiboset gesoek. Toe Dawid vir Mefiboset kry, het hy vir hom gesê: ‘Omdat jou pa ’n goeie vriend vir my was, sal ek vir die res van jou lewe vir jou sorg. Jy sal in my paleis bly en aan my tafel eet.’ Dawid het nooit sy vriend Jonatan vergeet nie.

“Julle moet mekaar liefhê net soos ek julle liefgehad het. Niemand het groter liefde as iemand wat sy lewe vir sy vriende gee nie.” – Johannes 15:12, 13

Vrae: Hoe het Jonatan gewys dat hy dapper is? Hoe het Jonatan gewys dat hy lojaal is?

1 Samuel 14:1-23; 18:1-4; 19:1-6; 20:32-42; 23:16-18; 31:1-7; 2 Samuel 1:23; 9:1-13

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel