Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 47 bl. 114-bl. 115 par. 3
  • Jehovah het Elia versterk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah het Elia versterk
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy het vertroosting in sy God gevind
    Volg hulle geloof na
  • Hy het vertroosting in sy God gevind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Voel jy ooit eensaam en bang?
    Leer jou kinders
  • Sal jy getrou wees soos Elia?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 47 bl. 114-bl. 115 par. 3
Elia staan buite ’n grot op die berg Horeb en luister na God se engel

LES 47

Jehovah het Elia versterk

Isebel het gehoor wat met die Baälprofete gebeur het en sy was baie kwaad. Sy het ’n boodskap vir Elia gestuur: ‘Jy sal môre ook dood wees, net soos die profete van Baäl.’ Elia het baie bang geword en na die woestyn toe weggehardloop. Hy het gebid: ‘Jehovah, ek kan nie meer nie. Laat my eerder net doodgaan.’ Elia het onder ’n boom aan die slaap geraak, heeltemal uitgeput.

’n Engel het hom wakker gemaak en saggies gesê: ‘Staan op en eet.’ Elia het ’n ronde brood op warm klippe en ’n beker water gesien. Hy het geëet en gedrink en weer aan die slaap geraak. Die engel het hom weer wakker gemaak en gesê: ‘Eet. Jy het krag nodig vir die lang pad wat voorlê.’ Daarom het Elia weer geëet. Toe het hy 40 dae en 40 nagte lank geloop, totdat hy by die berg Horeb gekom het. Daar het Elia in ’n grot ingegaan om te slaap. Maar Jehovah het met hom gepraat. Hy het gesê: ‘Wat maak jy hier, Elia?’ Elia het geantwoord: ‘Die Israeliete het hulle belofte aan u verbreek. Hulle het u altare vernietig en u profete doodgemaak. En nou wil hulle my ook doodmaak.’

Jehovah het vir hom gesê: ‘Gaan staan op die berg.’ Eers het ’n baie sterk wind verby die grot gewaai. Toe was daar ’n aardbewing en daarna was daar ’n vuur. Laastens het Elia ’n sagte, kalm stem gehoor. Hy het sy gesig met sy kleed toegemaak en buite die grot gestaan. Jehovah het hom toe gevra hoekom hy weggehardloop het. Elia het gesê: ‘Ek is die enigste een wat oor is.’ Maar Jehovah het vir hom gesê: ‘Jy is nie alleen nie. Daar is 7 000 mense in Israel wat my nog steeds aanbid. Gaan en stel Elisa as profeet in jou plek aan.’ Elia het dadelik gaan doen wat Jehovah vir hom gesê het. Dink jy dat Jehovah jou ook sal help wanneer jy doen wat hy wil hê jy moet doen? Ja, hy sal. Kom ons vind meer uit oor iets wat gedurende die droogte gebeur het.

“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar vra God in elke situasie om julle te help deur tot hom te bid, hom te smeek en hom te dank.” – Filippense 4:6

Vrae: Hoekom het Elia weggehardloop? Wat het Jehovah vir Elia gesê?

1 Konings 19:1-18; Romeine 11:2-4

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel