Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 82 bl. 192-bl. 193 par. 2
  • Jesus leer sy dissipels hoe om te bid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus leer sy dissipels hoe om te bid
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Oor gebede wat God verhoor
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Die voorreg van gebed
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Moet ons tot Jesus bid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Kom nader aan God deur gebed
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 82 bl. 192-bl. 193 par. 2
’n Fariseër bid in ’n openbare plek, en mense stop om na hom te kyk

LES 82

Jesus leer sy dissipels hoe om te bid

Alles wat die Fariseërs gedoen het, het hulle gedoen om mense te beïndruk. As hulle iets vir iemand gedoen het, was dit net omdat hulle wou hê dat ander mense dit moet raaksien. Hulle het in openbare plekke gebid sodat almal hulle kon sien. Die Fariseërs het lang gebede uit die kop geleer en dit dan oor en oor in die sinagoges en op die straathoeke opgesê waar ander mense hulle kon hoor. Daarom was die mense verbaas toe Jesus vir hulle sê: ‘Moenie soos die Fariseërs bid nie. Hulle dink dat God beïndruk sal wees met hulle baie woorde, maar hy is nie. Gebed is tussen jou en Jehovah. Moenie dieselfde dinge oor en oor sê nie. Jehovah wil hê dat jy hom moet vertel hoe jy regtig voel.

’n Seun kniel en bid

‘Dit is hoe julle moet bid: “Ons Vader in die hemel, laat u naam geheilig word. Laat u Koninkryk kom. Laat u wil plaasvind op die aarde, net soos in die hemel.”’ Jesus het ook gesê dat hulle vir God moet bid om hulle elke dag genoeg kos te gee, om hulle sondes te vergewe en oor enige ander probleme wat hulle gehad het.

Jesus het gesê: ‘Moet nooit ophou bid nie. Hou aan om julle Vader, Jehovah, vir goeie dinge te vra. Elke ouer wil graag goeie dinge aan sy kind gee. Sal jy, as jou seun jou vir brood vra, hom ’n klip gee? Sal jy, as hy vir ’n vis vra, hom ’n slang gee?’

Toe het Jesus die les verduidelik: ‘Julle weet hoe om goeie dinge vir julle kinders te gee. Sal julle Vader, Jehovah, dan nie weet hoe om heilige gees vir julle te gee nie? Al wat julle moet doen, is vra.’ Luister jy na Jesus se raad? Oor watter soort dinge bid jy?

“Hou aan vra, en daar sal vir julle gegee word. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en daar sal vir julle oopgemaak word.” – Matteus 7:7

Vrae: Wat het Jesus gesê oor hoe sy dissipels moet bid? Bid jy oor dinge wat vir jou belangrik is?

Matteus 6:2-18; 7:7-11; Lukas 11:13

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel