Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 101 bl. 234-bl. 235 par. 4
  • Paulus word na Rome gestuur

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Paulus word na Rome gestuur
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees moedig – Jehovah is jou Helper
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • “Nie een van julle sal doodgaan nie”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • Verkondig Jehovah se koninkryk met vrymoedigheid!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Paulus ‘getuig deeglik’
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 101 bl. 234-bl. 235 par. 4
Paulus en ander swem of klou vas aan stukke van ’n skip wat aan die kus van Malta gestrand het

LES 101

Paulus word na Rome gestuur

Paulus se derde predikingsreis het in Jerusalem geëindig. Daar is hy gevange geneem en in die tronk gegooi. Daardie aand het Jesus in ’n visioen vir hom gesê: ‘Jy sal na Rome toe gaan en daar gaan preek.’ Paulus is van Jerusalem na Sesarea geneem, waar hy twee jaar lank in die tronk was. Gedurende sy verhoor voor goewerneur Festus het Paulus gesê: ‘Laat ek deur die keiser in Rome geoordeel word.’ Festus het gesê: “Jy wil hê dat die keiser jou saak moet verhoor – na die keiser sal jy gaan.” Paulus is op ’n skip gesit wat op pad was na Rome. Twee Christenbroers, Lukas en Aristargus, het saam met hom gegaan.

Terwyl hulle op see was, was daar ’n woeste storm wat ’n hele paar dae lank aangehou het. Almal het gedink dat hulle gaan sterf. Maar Paulus het gesê: ‘Manne, ’n engel het vir my in ’n droom gesê: “Moenie bang wees nie, Paulus. Jy sal by Rome uitkom, en almal wat saam met jou op die skip is, sal veilig wees.” Moenie hoop verloor nie! Ons sal nie sterf nie.’

Die storm het 14 dae lank aangehou. Uiteindelik het hulle land gesien. Dit was die eiland Malta. Die skip het gestrand en in stukke gebreek, maar al 276 mense wat op die skip was, het dit veilig tot by die land gemaak. Party het geswem en ander het aan stukke van die skip vasgeklou en strand toe gedryf. Die mense van Malta het hulle gehelp en ’n vuur gemaak om hulle warm te maak.

Drie maande later het die soldate Paulus op ’n ander skip na Rome toe gevat. Toe hy daar aankom, het die broers hom kom ontmoet. En toe hy hulle sien, is hy aangemoedig en het hy vir Jehovah dankie gesê. Al was Paulus ’n gevangene, is hy toegelaat om ’n huis te huur en daar te bly terwyl ’n soldaat daar waggehou het. Hy het twee jaar lank daar gebly. Mense het hom kom besoek, en hy het vir hulle gepreek oor God se Koninkryk en hulle van Jesus geleer. Paulus het ook briewe aan die gemeentes in Klein-Asië en Judea geskryf. Jehovah het Paulus regtig gebruik om die goeie nuus aan die nasies oor te dra.

“In elke opsig beveel ons onsself as God se bedienaars aan: Ons het in swaar tye volhard, ons het tye van nood deurgemaak, ons het voor probleme te staan gekom.” – 2 Korintiërs 6:4

Vrae: Hoekom het Festus vir Paulus na Rome toe gestuur? Wat het met Paulus gebeur toe hy op pad was na Rome toe?

Handelinge 21:30; 23:11; 25:8-12; 27:1–28:31; Romeine 15:25, 26

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel