Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 102 bl. 236-bl. 237 par. 2
  • Die openbaring aan Johannes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die openbaring aan Johannes
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Bybelboek nommer 66—Openbaring
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Engeleboodskappe vir ons dag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Die luisterrykheid van Jehovah se hemelse troon
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Visioene van diegene in die onsigbare hemele
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 102 bl. 236-bl. 237 par. 2
Die apostel Johannes skryf die boek Openbaring

LES 102

Die openbaring aan Johannes

Terwyl die apostel Johannes ’n gevangene op die eiland Patmos was, het Jesus vir hom 16 visioene, of prente, oor die toekoms gewys. Hierdie visioene het gewys hoe Jehovah se naam geheilig sou word, hoe sy Koninkryk sou kom en hoe sy wil op die aarde sou plaasvind net soos in die hemel.

In een van die visioene sien Johannes vir Jehovah op sy glorieryke troon in die hemel. Hy is omring deur 24 ouderlinge wat wit klere dra en krone op hulle koppe het. Weerligstrale en die geluid van donderweer kom van die troon af. Die 24 ouderlinge buig voor Jehovah neer en aanbid hom. In ’n ander visioen sien Johannes ’n groot groep mense uit al die nasies, volke en tale wat Jehovah aanbid. Die Lam, wat Jesus is, lei hulle soos ’n herder na die water van die lewe. Later, in ’n ander visioen, begin Jesus as Koning in die hemel saam met die 24 ouderlinge regeer. In die volgende visioen sien Johannes hoe Jesus teen die draak, wat Satan is, en sy demone, baklei. Jesus gooi hulle uit die hemel uit na die aarde toe.

Jesus en die 144 000 op die berg Sion

Toe sien Johannes ’n pragtige prentjie van die Lam en die 144 000 wat op die berg Sion staan. Hy sien ook ’n engel wat regoor die wêreld vlieg en vir mense sê om God te vrees en aan Hom heerlikheid te gee.

In die volgende visioen vind die oorlog van Armageddon plaas. In daardie oorlog wen Jesus en sy leërmag teen Satan en sy bose stelsel. In die laaste visioen sien Johannes volmaakte eenheid in die hemel en op die aarde. Satan en almal wat hom volg, is heeltemal vernietig. Almal in die hemel en op die aarde beskou Jehovah se naam as heilig en aanbid hom alleen.

“Ek sal vyandskap laat ontstaan tussen jou en die vrou en tussen jou nageslag en haar nageslag. Hy sal jou kop vergruis, en jy sal hom in die hakskeen wond.” – Genesis 3:15

Vrae: Hoeveel visioene het Johannes gesien? Wat sal Jesus doen in die oorlog van Armageddon?

Openbaring 1:1-3; 4:1-11; 7:4, 9-17; 11:15-18; 12:5-12; 14:6, 7; 16:14, 16; 21:5

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel