Inleiding tot Deel 3
Die Bybel noem baie min name van mense wat Jehovah in die jare ná die Vloed gedien het. Onder diegene wat hom wel gedien het, was Abraham, wat bekend was as Jehovah se vriend. Hoekom is hy Jehovah se vriend genoem? As jy ’n ouer is, moet jy jou kind help om te sien dat Jehovah in hom belangstel en hom wil help. Soos Abraham en ander getroue manne, soos Lot en Jakob, kan ons Jehovah enige tyd vra om ons te help. Ons kan die vertroue hê dat Jehovah al sy beloftes sal nakom.