Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • sjj lied 151
  • Hy sal roep

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy sal roep
  • ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy sal roep
    Sing vir Jehovah
  • Uiteindelik, die ewige lewe!
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Die belofte van ewige lewe
    Sing vir Jehovah
  • Die belofte van ewige lewe
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
Sien nog
‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
sjj lied 151

LIED 151

Hy sal roep

Gedrukte weergawe

(Job 14:13-15)

  1. 1. Net soos die mis, wat tydelik verskyn

    en alte vinnig wegraak,

    kan wat ons is, ons lewe, ook verdwyn,

    wat droefheid sal veroorsaak.

    As ’n mens sou sterf, sou hy weer kon leef?

    Hoor net wat ons God beloof:

    (REFREIN)

    Hy sal roep; die dooies antwoord.

    Hul sal t’rugkeer na die land,

    want hy het ’n verlange

    na die werke van sy hand.

    Ja, vertrou en moenie twyfel,

    want ons God bring dit tot stand.

    Ons sal vir ewig lewe

    as die werke van sy hand.

  2. 2. Vriende van God, al is hul lankal dood,

    bly leef in sy herin’ring.

    Dié wat nou slaap, word nie deur hom verstoot,

    want hy sal hul weer t’rugbring.

    Dan sal ons weer leef soos hy dit wou hê:

    Ewig in die Paradys.

    (REFREIN)

    Hy sal roep; die dooies antwoord.

    Hul sal t’rugkeer na die land,

    want hy het ’n verlange

    na die werke van sy hand.

    Ja, vertrou en moenie twyfel,

    want ons God bring dit tot stand.

    Ons sal vir ewig lewe

    as die werke van sy hand.

(Sien ook Joh. 6:40; 11:11, 43; Jak. 4:14.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel