DEEL TWEE
“[Julle het] my heiligdom onrein gemaak” – Rein aanbidding word besoedel
HOOFPUNT: Juda en Jerusalem word geestelik en sedelik besoedel
Jehovah was lief vir die Israeliete en het vir hulle gesorg omdat hulle sy “kosbare besitting” was (Eks. 19:5, vtn.). Maar hulle het dit nie waardeer nie en het valse gode aanbid in die tempel wat sy naam gedra het! Hulle het Jehovah se hart gebreek en hom in die skande gesteek. Hoekom het Israel so sleg geword? Wat kan ons leer uit Esegiël se profesie oor Jerusalem se vernietiging? En watter lesse kan ons leer uit Israel se assosiasie met die nasies om hulle?