DEEL VYF
‘Ek sal by die volk woon’ – Rein aanbidding van Jehovah herstel
HOOFPUNT: Kenmerke van die tempelvisioen en wat dit ons oor rein aanbidding leer
Jehovah het vir die profeet Esegiël en vir die profeet Johannes visioene gegee met kenmerke wat baie dieselfde is. Die kenmerke van daardie visioene leer ons waardevolle lesse wat ons help om Jehovah nou op ’n aanvaarbare manier te aanbid. Dit gee ons ’n voorsmakie van hoe die lewe in die Paradys onder God se Koninkryk gaan wees.