Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rr bl. 14
  • ’n Oorsig van Esegiël

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Oorsig van Esegiël
  • Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • Soortgelyke materiaal
  • Bybelboek nommer 26—Esegiël
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • “Die einde het nou vir [julle] aangebreek”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • Glanspunte uit die boek Esegiël—II
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Glanspunte uitdie boek Esegiël—I
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
rr bl. 14

ONDERRIGTINGSVENSTER 1B

’n Oorsig van Esegiël

Oor die algemeen kan die boek Esegiël soos volg verdeel word:

Verskillende gekleurde blokkies wat wys hoe die hoofstukke van die boek Esegiël verdeel is.

HOOFSTUK 1 TOT 3

In 613 VHJ, terwyl Esegiël tussen die Joodse gevangenes in Babilon woon, sien hy visioene wat van Jehovah af gekom het en kry hy die opdrag om as ’n profeet te dien vir die Jode wat by die Kebar-rivier woon.

HOOFSTUK 4 TOT 24

Tussen 613 en 609 VHJ dra Esegiël hoofsaaklik profetiese oordeelsboodskappe oor teen Jerusalem en haar opstandige volk wat afgode dien.

HOOFSTUK 25 TOT 32

Vanaf 609 VHJ, die jaar toe die Babiloniërs Jerusalem vir die laaste keer beleër het, gaan Esegiël se oordeelsboodskappe nie meer oor Jerusalem nie, maar oor die vyandige nasies om Israel – Ammon, Edom, Egipte, Moab, Filistea, Sidon en Tirus.

HOOFSTUK 33 TOT 48

Vanaf 606 VHJ fokus Esegiël op ’n boodskap van hoop – die opwindende herstelling van die rein aanbidding van Jehovah God. Teen hierdie tyd was Jerusalem en die tempel, wat honderde kilometers van die profeet af was, al vernietig.

Die boek Esegiël is volgens onderwerp en volgens die volgorde van gebeurtenisse gerangskik. Profesieë oor die vernietiging van Jerusalem en die tempel word genoem voor die meeste van die profesieë oor die herstelling van rein aanbidding. En dit maak sin, want die profesieë oor die herstelling van rein aanbidding hou verband met die tyd nadat aanbidding by die tempel opgehou het.

En Esegiël se profesieë teen die vyandige nasies om Israel (hoofstuk 25 tot 32) verskyn tussen sy oordeelsboodskappe teen Jerusalem en die profesieë oor die herstelling van rein aanbidding. Een geleerde sê die volgende oor Esegiël se oordeelsboodskappe teen die nasies: “Dit is ’n gepaste oorskakeling van die boodskap oor God se woede na die boodskap oor Sy genade teenoor Sy volk, want die bestrawwing van hulle vyande is deel van die bevryding van Sy volk.”

Gaan terug na hoofstuk 1, paragraaf 18

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel