Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lmd les 7
  • Volharding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Volharding
  • Wees lief vir mense – Maak dissipels
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat Paulus gedoen het
  • Wat leer ons by Paulus?
  • Volg Paulus na
  • Nederigheid
    Wees lief vir mense – Maak dissipels
  • Belangstelling in ander
    Wees lief vir mense – Maak dissipels
  • Geduld
    Wees lief vir mense – Maak dissipels
  • Gaan terug na belangstellendes—Wanneer?
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Wees lief vir mense – Maak dissipels
lmd les 7

VOLG OP

Die apostel Paulus deel die goeie nuus met ’n groep mense in ’n skoolsaal.

Hand. 19:​8-10

LES 7

Volharding

Beginsel: “Hulle het . . . sonder ophou voortgegaan om mense . . . te leer en die goeie nuus . . . bekend te maak.” – Hand. 5:42.

Wat Paulus gedoen het

Die apostel Paulus deel die goeie nuus met ’n groep mense in ’n skoolsaal.

VIDEO: Paulus volhard in Efese

1. Kyk na die VIDEO, of lees Handelinge 19:​8-10. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1. Al het party mense Paulus teëgestaan, hoe het hy daarin volhard om dié te help wat belanggestel het?

  2. Hoe dikwels het Paulus teruggegaan om hierdie belangstellendes te leer, en hoe lank het hy dit gedoen?

Wat leer ons by Paulus?

2. Ons moet tyd en moeite insit om effektiewe herbesoeke te doen en om Bybelstudies te begin.

Volg Paulus na

3. Pas jou rooster by die ander persoon s’n aan. Vra jouself: ‘Wanneer en waar sal dit hom pas om met my te gesels?’ Wees bereid om op te volg, al is dit nie vir jou ’n goeie tyd nie.

4. Maak ’n afspraak. Probeer om aan die einde van elke gesprek ’n afspraak te maak vir ’n spesifieke tyd wanneer jy weer met die persoon kan praat. Maak seker dat jy by die afspraak bly.

5. Bly hoopvol. Moenie sommer dink dat ’n persoon nie belangstel nie net omdat hy amper nooit by die huis is of dikwels besig is nie (1 Kor. 13:​4, 7). Hou aan probeer om die persoon te vind, maar maak seker dat jy jou tyd goed gebruik. – 1 Kor. 9:26.

SIEN OOK

Hand. 10:42; 1 Kor. 9:​22, 23; 2 Kor. 4:1; Gal. 6:9

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel