Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 1/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Is daar “sewe doodsondes”?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Het jy teen die heilige gees gesondig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Waarom sterf mense?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 1/1 bl. 31

Vrae van lesers

• Sal dit ooit in orde wees om te bid vir iemand wat uit die Christengemeente uitgesit is?

In die verlede is daar aangevoer dat sulke gebede onbehoorlik is. Daar is goeie Skriftuurlike redes om ’n mens daarvan te weerhou. Maar relevante Bybelraad beveel aan dat die indiwiduele situasie in ag geneem word eerder as dat ’n mens onvoorwaardelik ’n standpunt inneem.

Dit is veral 1 Johannes 5:16, 17 wat ons help om God se beskouing te verkry. Daar sê dit: “As iemand sy broer ’n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ’n sonde tot die dood doen nie. Daar is ’n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ’n sonde wat nie tot die dood is nie.”

Die apostel Johannes meld eers “’n sonde . . . wat nie tot die dood is nie”, of, soos die New World Translation dit stel, “sonde wat nie die dood meebring nie”. Aangesien ons almal onvolmaak en onregverdig is, is ons almal skuldig aan sonde (Ps. 51:7; Rom. 3:23; 1 Joh. 3:4). Iemand wat sondig, moet berou toon en om God se groot barmhartigheid bid (1 Joh. 1:8-10). Soos Johannes toon, kan ander ook vir hom bid.

Daarna verwys Johannes na ‘dodelike sonde’, of “sonde tot die dood”. Wat is dit? Dit is sonde waarvoor ’n mens nie vergewe kan word nie; dit is “dodelik”, want dit lei tot die “tweede dood” of ewige dood (Openb. 21:8). Jesus het vroeër verduidelik dat ’n persoon sonde tot by die punt kon voer waar hy teen die heilige gees sondig, iets waarvoor daar geen vergifnis is nie (Matt. 12:31; Luk. 12:10). Die apostel Paulus het eweneens getoon dat indien ’n persoon wat God se waarheid ken moedswillig sonde beoefen, berou en vergifnis nie langer moontlik is nie.—Hebr. 6:4-6; 10:26, 27.

Johannes sê vir ons om nie te bid vir iemand wat so ’n ‘dodelike sonde’ gepleeg het nie. Dit herinner ons aan God se woorde in verband met die Israeliete wat so verstok in goddeloosheid was dat Hy sou toelaat dat die Babiloniërs hulle in ballingskap wegvoer. God het vir Jeremia gesê: “Bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie.”—Jer. 7:16-20; 14:11, 12.

God, en nie ons hier op aarde nie, bepaal of iemand teen die heilige gees gesondig het. Maar ons kan uit Johannes se geïnspireerde woorde aflei dat ons nie moet bid vir ’n persoon wat toon dat hy moedswillig sonde beoefen nie. Johannes het ook in 2 Johannes 9-11 geskryf oor persone wat onchristelike beskouings verkondig. Gebede vir hulle sal vir God aanstootlik wees.

Moet ons dus die gevolgtrekking maak dat ’n onberouvolle persoon wat uitgesit is waarskynlik skuldig is aan “’n sonde tot die dood”, waaroor ons nie moet bid nie? Nie noodwendig nie. Ons onthou dat ’n man in die eerste-eeuse gemeente in Korinthe in onsedelikheid verval het. Hy was ’n ruk lank onberouvol en moes uitgesit word (1 Kor. 5:1, 9-13). Dit lyk egter of hy mettertyd berouvol was en herstel is (2 Kor. 2:5-10). Dit sou aandui dat hy nie skuldig was aan die sonde tot die dood toe waaroor Christene nie mag bid nie, selfs al is hy uitgesit. Dieselfde kan vandag waar wees.

Wanneer ’n persoon uitgesit word, is dit moontlik nie duidelik of die sonde ‘tot die dood toe’ is of nie. Maar na ’n ruk sal daar dalk tekens van berou en bekering wees. (Vergelyk Handelinge 2:36-38; 3:19.) Dit kan die eerste waargeneem word deur iemand wat na aan daardie persoon is, soos ’n eggenoot wat dit in sy uitgesitte vrou se gesindheid en gedrag waarneem. Hy kan dus die gevolgtrekking maak dat dit lyk of sy nie die ‘dodelike sonde’ begaan het nie en hy sal dalk beweeg word om vir haar te bid. Hy bid moontlik dat indien Jehovah—wat harte lees—’n grondslag vind om haar dwaling te vergewe, God se wil mag geskied. Hy kan ook die hoop tot God uitspreek dat sy krag uit die Bybel sal put om haar swakheid te bowe te kom.

Hoewel iemand dalk persoonlik meen dat hy God oor ’n uitgesitte persoon kan nader, sal dit nie gepas wees om dit in die openbaar of in gemeentelike gebede te doen nie. ’n Mens kan besef dat ander wat sulke gebede hoor dalk nog nie sal weet van die blyke wat op berou dui nie. Of hulle is moontlik nog nie daarvan oortuig dat die persoon nie ’n “sonde tot die dood” begaan het nie.

Gevolglik moet ’n Christen, in gevalle waar hy meen dat dit gepas is om vir ’n uitgesitte persoon te bid, dit slegs in private gebede doen. En ons kan ons almal daarop toelê om ons denke in hierdie verband te laat rig deur die geïnspireerde raad van Jehovah se Woord.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel