’n Voorbeeld van vrede
Jehovah se Getuies se reputasie vir goeie gedrag is alombekend. In Bombaai, Indië, is ’n Christelike byeenkoms vir die eerste keer in die Shanmukhananda-saal gehou. Die kuratorium van hierdie saal was so ingenome met die vrede en ordelikheid onder Jehovah se Getuies dat hulle vir die byeenkomsopsiener gesê het: “Julle byeenkoms dra ons goedkeuring weg. Ons het nog nooit tevore so iets gesien nie. Indien almal so opgetree het, sou daar geen regering nodig gewees het nie. Julle kan elke jaar hiernatoe kom as julle wil.”