Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 6/1 bl. 8
  • Die veiligheid van God se knegte

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die veiligheid van God se knegte
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Ware veiligheid—nou en vir ewig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • ’n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind
    ‘n Veilige toekoms—Hoe jy dit kan vind
  • Kyk verder as mensgemaakte “vrede en veiligheid”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Ware vrede en veiligheid is ophande!
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 6/1 bl. 8

Psalms

Die veiligheid van God se knegte

DIE lewe onder die huidige toestande is baie onveilig. Ongelukke, oorloë, rewolusies, siekte en die dood kan skielik drastiese veranderinge meebring. Die sekuriteit wat ’n persoon geniet het, kan hom byna oornag ontneem word.

Maar een ding verander nooit nie. Omdat hy vir ewig lewe, kan die allerhoogste God ware veiligheid aan sy knegte bied. Die geïnspireerde psalmis het gesê: “Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid. Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid.”—Ps. 125:1, 2.

Net soos ander berge is die letterlike berg Sion stabiel, onwankelbaar. Diegene wat hulle volle vertroue in Jehovah God stel, sal net so stewig gegrondves wees. Die Allerhoogste sal nooit toelaat dat hulle wankel en so val dat hulle nie weer kan opstaan nie. Sy beskerming is oor sy volk, en dit omring hulle soos die heuwels en berge Jerusalem insluit.

Hoewel Jehovah God sal toelaat dat sy volk ly, sal hy nie toelaat dat die situasie ’n punt bereik waar alles hopeloos is nie. Die psalmis het hierdie oortuiging uitgespreek: “Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie” (Ps. 125:3). Die oënskynlike triomf van die goddelose en hulle oorheersing sal eindig. Die verdrukkende heerskappy sal nie tot so ’n mate verleng word dat regverdige persone onder die druk daarvan knak en, moontlik uit desperaatheid, hul toevlug neem tot onbehoorlike pogings om verligting te verkry of selfs die Skepper die rug toekeer en self goddeloos word nie.—Vergelyk Prediker 7:7.

Ons kan dus altyd verwag dat Jehovah God die gebed van die psalmis sal verhoor: “HERE, doen goed aan die goeies en aan die wat opreg is in hulle harte. Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!”—Ps. 125:4, 5.

Almal wat ’n opregte weg bly bewandel, sal baat vind by die milde blyke van Jehovah se goedheid. Maar diegene wat ophou om ’n goddelik goedgekeurde weg te bewandel, sal saam met die goddelose vergaan. Slegs diegene wat waarlik God se knegte is, sal vrede en veiligheid geniet.

Wanneer ons baie spanning verduur of met probleme te kampe het, moet ons dus nooit die feit dat Jehovah God ons enigste betroubare bron van veiligheid is uit die oog verloor nie. As ons getrou op hom staatmaak, sal ons nooit teleurgestel word nie. Al moet ons ook sterf, kan hy ons opwek en aan ons ewige vrede gee.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel