Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 11/15 bl. 3-4
  • Die strewe na veiligheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die strewe na veiligheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is ’n sterk leërmag die oplossing?
  • Almal begeer veiligheid
  • Wyse koning Salomo het gesê:
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Onderwerp vir Gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 11/15 bl. 3-4

Die strewe na veiligheid

MNR. en mev. B—— en hulle drie tienderjarige kinders het in Afrika gewoon. Twintig jaar lank het hulle hulle pragtige plaas opgebou en het hulle hulle inkomste in ’n gerieflike huis, gewasse, lewende hawe en landbougereedskap gesteek. Dit het hulle vestinkie geword, hulle toevlug tydens moeilikheid en verdriet, hulle bron van verkwikking en rus na elke dag se harde werk. Hulle het veilig gevoel.

Dinge het oornag verander. ’n Geruime tyd al het politieke magte al hoe sterker in die land geword. Manne wat hulle daarop toegelê het om ’n verandering deur geweld tot stand te bring, het dade van terreur gepleeg en landmyne in die slegte plaaspaaie geplant. Toe mnr. B—— na ’n weeklikse besoek van die dorp in sy Land Rover teruggekeer het, het hy een van hulle afgetrap en is hy onmiddellik gedood.

Mev. B—— en haar gesin het nie langer veilig gevoel nie. Met die immer toenemende bedreiging van geweld in die buurt, die sorge om na die plaas om te sien en met geen man in die huis nie, het sy verplig gevoel om die plaas te verlaat wat eens vir hulle veiligheid beteken het. Die gesin het geëmigreer in die hoop om ’n veiliger lewenswyse te vind.

In hierdie selfde Afrikaland het die situasie in ’n paar jaar drasties verander. Plaasopstalle omring deur welige tropiese plantegroei en met ’n verwelkomingsteken is omhein met hoë ogiesdraad met doringdraad bo-om. Sandsakke is rondom teen die huise se mure gepak, en vensters is met staalmaaswerk beskerm.

Dorpslewe het ook verander namate al hoe meer mense diefalarms geïnstalleer, swaar hekke met slotte en kettings by die ingange van hulle eiendom aangebring en waghonde aangeskaf het om ongewenste indringers weg te hou. Winkelvensters is met spesiale kleefband behandel om te voorkom dat hulle versplinter. Wagte is uitgesit om winkelbesoekers te visenteer wanneer hulle selfdienwinkels binnegaan. Vakansiegangers het polisiemanne gehuur om hulle huise op te pas tydens hulle afwesigheid.

In baie gebiede het ’n eens rustige rit deur die platteland ’n gespanne rit van een dorp na die volgende geword. Reisigers is aangeraai om eers by die polisie navraag te doen voordat hulle vertrek, en baie het onder geleiding van pantservoertuie in konvooie gereis. Krygswet en aandklokreëlings was later dinge wat die mense as deel van die daaglikse lewe aanvaar het.

Benewens hierdie veiligheidsmaatreëls het baie wat in die posisie was om dit te doen bykomende reëlings vir hulle eie veiligheid getref deur hulle geld in goud, silwer, juweliersware en kunswerke te steek of deur dit in buitelandse banke te belê. Hulle het dit gedoen sodat hulle, indien sake skeef sou loop, darem nog iets sou hê.

Sulke verwikkelinge kom nie net in daardie land voor nie. Jy het moontlik van dieselfde veiligheidsmaatreëls en die groter aandag wat baie mense aan die veiligheid van hulle huise en gesinne skenk, in julle gemeenskap gesien. Die vraag is: Verskaf hierdie pogings werklik die gemoedsrus en veiligheid wat ons almal begeer?

Is ’n sterk leërmag die oplossing?

Die optrede van regerings weerspieël dieselfde besorgdheid oor veiligheid. Party doen ongehoorde stappe om hulle grense te beveilig en hulle diplomate te beskerm. Toe die koningin van Engeland Suider-Afrika en die pous Ierland besoek het, is honderde manne net vir veiligheidsdoeleindes gemobiliseer. Die verskuiwing van skepe, vliegtuie of troepe na plekke wat as van strategiese belang beskou word, word deur party lande as ’n bedreiging vir hulle nasionale veiligheid vertolk en word dikwels met militêre teenmaatreëls beantwoord.

Die meeste regerings huldig die algemene beskouing dat hulle nasionale veiligheid van militêre paraatheid afhang. UNESCO (die Verenigde Volke se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) het byvoorbeeld onlangs berig dat die wêreld se besteding aan wapentuig “amper $1-miljoen per minuut” beloop en dat 75 persent hiervan deur die Derde Wêreld bestee word (The Courier, April 1979, bl. 19). Maar verskaf hierdie ontsaglike militêre besteding ’n gevoel van ware veiligheid aan persone in daardie lande waar hulle sien hoedat hongersnood en water-verspreide siektes elke dag duisende lewens eis?

Ons vra weer: Bied ’n sterk leërmag werklik veiligheid? ’n Persoon kan weliswaar sulke gedagtes op die agtergrond skuif. Maar kan hy werklik veilig voel wanneer hy ernstig nadink oor die feit dat regerings rondom die wêreld genoeg bomme besit om ons almal etlike kere dood te maak? Ter toeligting: Sou jy snags rustig kon slaap met ’n masjiengeweer onder jou bed terwyl jy geweet het dat jou buurman ook een het wat op jou huis gerig is en dat hy nie kan wag vir die geleentheid om dit te gebruik wanneer hy dink dit geen gevaar vir hom sal inhou nie?

Almal begeer veiligheid

Dit is net natuurlik dat ons almal graag veilig wil voel. Selfs in die diereryk is daar ’n inherente begeerte na veiligheid. Voëls bou hulle neste in die mees versteekte of onbereikbare plekke. Eekhorinkies bêre neute vir gebruik tydens die kouer deel van die jaar. Katte wat kleintjies gaan kry, soek elke kas in die huis deur om ’n beskermde hoekie te kry waar hulle hulle kleintjies kan voed.

Die vraag waarvoor ons vandag almal te staan kom, is: Waarheen kan ons ons wend vir veiligheid? Diere se gevoel van veiligheid hang instinktief van materiële dinge af. Maar wat van die mens? Is ons veiligheid in materiële dinge te vinde sodat ons niks beter as diere is nie? Hang dit van ons betrekking, of moontlik van vergaarde rykdom in die vorm van goud, silwer of bankrekeninge af? Kan wapentuig ons lewenswyse veilig maak? Of is veiligheid te vinde onder ’n bepaalde regeringsvorm wat bestendiger as ander lyk?

Wyse koning Salomo het gesê:

“Bewaar beleid en oorleg, dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ’n versiersel vir jou hals; dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie; as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. Jy hoef nie bang te wees vir ’n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.”—Spr. 3:21-26

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel