Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 12/15 bl. 21
  • Martelaar vir ’n leerstelling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Martelaar vir ’n leerstelling
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 1—Het Jesus en sy dissipels die Drie-eenheidsleer verkondig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Studievrae vir die brosjure Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Moet jy dit glo?
    Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
  • Is God ’n Drie-eenheid?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 12/15 bl. 21

Martelaar vir ’n leerstelling

HY IS omstreeks 1511 in Tudela, Spanje, gebore. Hy het in Parys in die medisyne gestudeer en later in verskeie Franse stede gepraktiseer. Hy is beroemd vir sy bydrae tot die ontdekking van die longbloedsomloopstelsel.

Tog was hy ’n groot deel van sy lewe ’n vlugteling en moes hy selfs sy naam verander. Op 13 Augustus 1553, terwyl hy na Italië gereis het, het hy Genève, Switserland, aangedoen. Hy is herken, gearresteer en op 14 Augustus, op aandrang van die Protestantse Hervormer Johannes Calvyn, verhoor. Die uitspraak? Skuldig! Die vonnis? Die dood! Op 27 Oktober 1553 is hy in die buitewyke van Genève op die brandstapel verbrand.

Wie was hy? Michael Servetus. Waaraan was hy skuldig? Moord? Afpersing? ’n Ander verskriklike misdaad? Nee, hy is as ’n ketter tereggestel omdat hy die Christendom se ortodokse leerstelling oor “die hoogheilige Drie-eenheid” verloën het.

Die Drie-eenheid is vandag nog ’n twispunt. Amerikaanse evangelis Billy Graham beweer byvoorbeeld: “Die Bybel leer dat Jesus ten volle God is, en geensins aan God die vader ondergeskik nie.” Daarenteen het ’n Pinksterpastoor ’n paar jaar gelede in The Denver Post ’n miljoen dollar (V.S.A.) uitgeloof aan enigeen wat die Drie-eenheidsleerstelling in die Bybel kon vind. Hy het die Drie-eenheid as mensgemaakte filosofie bestempel “wat teenstrydig en onverstaanbaar is”.

‘Maar maak dit ’n verskil?’ wonder jy miskien. ‘Maak dit werklik saak wat jy glo?’ Ja, dit maak saak. Waarom? Omdat Jesus Christus gesê het: “Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het” (Johannes 17:3). Ons ewige welsyn is afhanklik van ons akkurate kennis van “die enige waaragtige God”. Wat is dan die waarheid? Is Jesus Christus “die Seun van God” of God die Seun? Daar is ’n groot verskil!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel