Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 7/1 bl. 3-4
  • Veiligheid—Waar is dit te vinde?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Veiligheid—Waar is dit te vinde?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Radeloosheid”
  • Inflasie styg wêreldwyd al hoe meer – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Deel 1a—In die greep van geldsorge
    Ontwaak!—1992
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 7/1 bl. 3-4

Veiligheid—Waar is dit te vinde?

DIE twee jongmense was verbitterd, moedeloos—en werkloos. Volgens die tydskrif Time het hulle “’n tuinslang aan die uitlaatpyp vasgemaak, dit na die binnekant van die motor gelei en die openinge in die vensters met lappe toegestop”. Hulle selfmoordnota was skrikwekkend: “Wat bly daar vir ons oor noudat daar vir niemand werk is nie?”

Sulke berigte toon die intense frustrasie wat mense vandag ervaar. Ons word almal op die een of ander manier benadeel deur inflasie, werkloosheid en immer toenemende belastings. Vir sommige gesinne beteken dit dat die vrou, en in party gevalle selfs die kinders, die arbeidsmark moet betree. Ander moes weer ingrypende veranderinge in eetgewoontes, ontspanning en huisvesting aanbring. Weens die vretende uitwerking van inflasie is selfs geld in die bank geen waarborg van veiligheid nie. Die Bybel het tereg voorspel dat dit “swaar tye” sou wees.—2 Timotheüs 3:1-5.

Selfs die rykes word geraak deur inflasionêre tekorte (Openbaring 6:6). Om hulle teen inflasie te beskerm, belê sommige in aandele, vaste eiendom, buitelandse geld of edele metale. Maar die skerpsinnigste beleggers is al deur skielike en onverwagte veranderinge gevang. Dink byvoorbeeld aan hoe die prys van goud in net ’n paar dae van $875 per ons tot minder as $650 en later tot minder as $300 gedaal het. Beleggers is dus verplig om ’n waaksame en senuagtige oog op hulle beleggings te hou. Ons word herinner aan die Bybel se woorde in Prediker 5:11 (NAV): “Die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.”

“Radeloosheid”

Maar kan ekonome ons uit hierdie chaos uitlei? Hoe kan hulle, wanneer daar soveel onenigheid onder hulle bestaan? Die buurstate Brittanje en Frankryk volg byvoorbeeld albei die raad van hulle onderskeie gesiene ekonomiese raadgewers. Tog volg hierdie twee nasies heeltemal verskillende ekonomiese beleide. Brittanje het probeer om inflasie te verminder deur regeringsbesteding te bekamp en hoë rentekoerse toe te laat. Frankryk weer loop die gevaar om inflasie te verhoog deur ‘die staatskas oop te gooi’ en baie geld te bestee om betrekkings te skep. Waar die tydskrif Time oor hierdie ongerymdheid kommentaar gelewer het, het dit gesê: “Die twee filosofieë kan nie meer van mekaar verskil en hulle kanse op sukses kan, in baie oë, nie gelyker wees nie.”

Die Bybel het akkuraat voorspel dat daar “benoudheid van nasies in hulle radeloosheid” sou wees (Lukas 21:25). As selfs wêreldleiers dronkgeslaan word deur die wêreld se ekonomiese probleme, watter kans het die gemiddelde persoon, soos jy, dan om kop bo water te hou? Is daar enige betroubare bron van raad? Is daar gesonde beleggings wat ’n veilige toekoms kan verseker?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel