Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 10/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Hou alkohol op sy plek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Wat is God se beskouing van alkohol?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Behou ’n gebalanseerde beskouing van die gebruik van alkohol
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Word gelei deur God se beskouing van alkohol
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 10/15 bl. 31

Vrae van lesers

◼ Beskou Jehovah se Getuies alkoholisme as ’n siekte?

Baie mense praat van alkoholverslawing as ’n siekte, volgens ’n breë definisie van daardie woord. Navorsers, dokters en persone wat alkoholiste help, tel onder hulle, want baie van hulle gebruik terme soos “siekte”, “kwaal” of “ongesteldheid” wanneer hulle alkoholisme beskryf of definieer. Science Digest van Mei 1984 sê byvoorbeeld:

“Alkoholisme is nog steeds ’n siekte waarvoor ’n verklaring gesoek word. Dit is voorheen as ’n siekte van die verstand alleen beskou, maar nou word daar gemeen dat dit ook genetiese en biochemiese komponente het . . . Onlangse bevindings staaf die vroeëre getuienis uit Swede dat drankmisbruik dikwels ’n familietrek is.” —Bladsy 16.

Ons moet egter sekere aspekte in ag neem voordat ons alkoholisme summier as ’n siekte bestempel. Sommige alkoholiste, en ander, is geneig om hulle drankverslawing of -misbruik te verskoon deur te sê dat hulle dit nie kan verhelp nie, omdat dit ’n siekte is. Ander meen skynbaar dat as ’n alkoholis ’n biologiese vatbaarheid vir die probleem het, of as sy liggaam se biochemiese reaksie op alkohol aangetas is, hy nie moreel aanspreeklik gehou kan word nie.

Maar Christene stel hoofsaaklik in God se beskouing van sake belang. Sy beskouing is regverdig, gebalanseerd en blywend, in teenstelling met mediese en sielkundige menings wat ’n tyd lank gewild is en dan later verander of verwerp word. Jehovah se volmaakte Woord veroordeel dronkenskap onomwonde, en dit word genoem as een van die dinge wat kan verhinder dat iemand God se Koninkryk beërwe (Galasiërs 5:19-21). Romeine 13:12, 13 raai ons aan: “Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.” Selfs al is daar in sekere gevalle biologiese vatbaarheid wat veroorsaak dat sommige dit as ’n mediese probleem of siekte beskou, besef Christene die sedelike aspekte daarvan.

Die apostel Petrus het aan Christene geskryf: “Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye. Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saam loop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie en hulle laster” (1 Petrus 4:3, 4). Petrus was self onvolmaak en het die menslike toestand verstaan. Tog het hy nie gesê dat alle Christene dronkenskap die rug toegekeer het, behalwe diegene wat die een of ander genetiese of biologiese vatbaarheid vir drankprobleme gehad het nie. Trouens, die apostel Paulus het gesê dat sommige Christene voorheen hoereerders, diewe, dronkaards en rowers was. Maar ongeag wat die oorsaak van sulke sedelike probleme was, kon en het hulle verander. Paulus het gesê: “Julle het jul laat afwas, . . . julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.”—1 Korinthiërs 6:9-11.

Of mense alkoholisme dus ’n siekte noem of nie, ons moet bly by die hoë en goeie standaard wat in God se Woord gestel word. Enigeen wat aan alkohol verslaaf geraak het—hetsy weens ’n gebrek aan selfbeheersing, volks- of familie-invloed, of selfs as gevolg van ’n biologiese probleem—moet daarna streef om dit te bowe te kom, moontlik deur simpatieke hulp te benut. (Kyk Ontwaak! van 8 November 1982, bladsye 4-12.) Dan kan hy “die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense . . . leef nie, maar volgens die wil van God”.—1 Petrus 4:2.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel