Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 3/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Waardeer jou voorreg om in Jehovah se geestelike tempel te aanbid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Bring offers wat Jehovah behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • “’n Huis van gebed vir al die nasies”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 3/15 bl. 31

Vrae van lesers

■ Was dit voorbeskik dat Adam en Eva sou moes sterf, aangesien Hebreërs 9:27 sê dat „die mense bestem is om eenmaal te sterwe en daarna [kom] die oordeel”?

Nee, hierdie vers praat nie van Adam en Eva nie, aangesien hulle geskep is met die vooruitsig op eindelose lewe op die aarde. As hulle aan God gehoorsaam gebly het, kon hulle vir ewig gelewe het. Hulle dood is nie voorbeskik nie, maar was eerder die gevolg van hulle moedswillige sonde (Genesis 2:15-17). Die verband toon dat Hebreërs 9:27 hoofsaaklik van toepassing is op die hoëpriester in eertydse Israel, wat op die Versoendag vir Jesus Christus afgebeeld het.​—Hebreërs 4:14, 15.

In 1915 is Charles T. Russell, destyds President van die Wagtoringgenootskap, oor Hebreërs 9:27 gevra. Hy het verwys na wat vroeër gepubliseer is, soos in Studies in the Scriptures en Tabernacle Shadows of the Better Sacrifices (1899). Hebreërs 9:27 is kontekstueel verklaar.

In Hebreërs hoofstuk 8 en 9 het Paulus getoon dat talle besonderhede van die Mosaïese Wet „’n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge” was (Hebreërs 8:5). Dit het veral gegeld vir die offerprosedures op die jaarlikse Versoendag. Dit was net op daardie spesiale dag dat die hoëpriester in die binneste vertrek van die tabernakel kon ingaan. Hierdie vertrek, die Allerheiligste, is deur ’n gordyn van die voorvertrek geskei, en die hoëpriester moes sy toegang voorberei deur die gebruik van spesiale reukwerk. Dan kon hy met die offerbloed van ’n bul en ’n bok ingaan. Selfs wanneer die priester al hierdie streng vereistes noukeurig nagekom het, het dit net in ’n beperkte mate versoening gedoen vir die Israeliete se sondes; die offerandes moes elke jaar herhaal word.

Paulus sit sy argument voort deur te sê dat Christus „opgetree het as Hoëpriester”, maar dat hy na sy dood en opstanding „nie ingegaan [het] in ’n heiligdom met hande gemaak . . . nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn” (Hebreërs 9:11,12,24).Sou daardie offerande herhaal moes word? Nee. Christus het net „een maal” verskyn (Hebreërs 9:25, 26; Romeine 6:9). Paulus het daarna gesê: „’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem.”​—Hebreërs 9:27, 28.

Na hierdie hersiening van die verband kan ons die kommentaar op Hebreërs 9:27 in Tabernacle Shadows verstaan: „Elke keer dat ’n Priester op die Versoendag in die Allerheiligste ingegaan het, het hy sy lewe gewaag; want as sy offer onvolmaak was, sou hy gesterf het wanneer hy deur die tweede gordyn ingegaan het. Hy sou self nie in die Allerheiligste aanvaar gewees het nie, en sy onvolmaakte offers sou onaanvaarbaar gewees het as ’n versoening vir die sondes van die volk. Enige defek sou dus sy dood beteken het, asook die veroordeling van almal vir wie se sondes hy versoening probeer doen het. Dit was die oordeel wat in hierdie teks gemeld word en waarin die tipiese priesters elke jaar moes slaag.”

Tabernacle Shadows het daarna ’n teenstelling getref met Christus Jesus, wat ’n offerdood gesterf het: „As sy offer in enige opsig of mate onvolmaak was, sou hy nooit uit die dood opgewek gewees het nie en sou die ,oordeel’ van geregtigheid teen hom gevel gewees het. Maar sy opstanding op die derde dag bewys dat hy sy werk volmaak gedoen het, dat dit die toets van goddelike oordeel deurstaan het.”

In die lig van die verband blyk dit dus dat Hebreërs 9:27 ’n kommentaar oor die meerderwaardigheid van Christus se priesterlike diens is.

Dit is egter ook moontlik om na Hebreërs 9:27 te verwys wanneer ’n algemene waarneming oor die mens se ondervinding gedoen word. Hoewel Adam en Eva die moontlikheid van eindelose lewe gehad het, geld dit nie.vir hulle nakomelinge nie. Adam en Eva het eers kinders gehad nadat hulle gesondig het. Daarom is al hulle onvolmaakte nakomelinge sterflik gebore (Romeine 5:12; 6:23). Die erfdood kom ’n mens net een maal oor. Dit sal selfs in die toekoms die geval wees. As ’n verresene, gedurende God se oordeelsdag van duisend jaar en nadat die voordeel van Christus se offerande vir die mensdom toegepas is, toon dat hy ewige vernietiging verdien, sal sy dood die gevolg van sy eie goddeloosheid wees, nie van Adamitiese sonde nie.​—Openbaring 20:13-15.

Aan die ander kant sal diegene wat tevore as gevolg van die erfsonde gesterf het, maar wat ná hulle opstanding getrou bly, die gunstige oordeel van die ewige lewe ontvang.​—Openbaring 21: 3-6.

Hebreërs 9:27 het dus kontekstueel betrekking op Jesus se diens as hoëpriester in teenstelling met die hoëpriesters van Israel. Dit is ook gebruik om die algemene ondervinding van mense wat die dood van Adam geërf het te beskryf, maar dit staaf nie die onskriftuurlike voorbestemmingsleer wat beweer dat Adam en Eva reeds voor hulle skepping bestem was om te sterf nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel