Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 5/15 bl. 3-4
  • Ware vriende—Waarom so skaars?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ware vriende—Waarom so skaars?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom ware vriende skaars is
  • Oppervlakkige vriendskappe
  • Waarom kan ek nie vriende behou nie?
    Ontwaak!—1996
  • Hoe jy vriende kan maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Behou vriendskappe in ’n liefdelose wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Ons begeerte na vriendskap kan bevredig word
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 5/15 bl. 3-4

Ware vriende​—Waarom so skaars?

„EK WIL ’n miljoen vriende hê.” Dit is die woorde van ’n gewilde Brasiliaanse liedjie. Maar wat is ’n vriend presies? Die woord „vriend” word soms so losweg gebruik dat dit slaan op feitlik elke kennis wat nie vyandig is nie. Maar ’n ware vriend is meer as ’n blote kennis. Francis Bacon het omtrent vriendskap geskryf: „Dit verdubbel vreugde en verminder smart.”

’n Ware vriend is inderdaad iemand wat tot jou vreugde bydra en jou, wanneer nodig, help om droefheid die hoof te bied. Iemand wat nie vriende het nie, kan derhalwe nie volkome gelukkig wees nie. Maar miljoene kla dat dit moeilik is om ware vriende te vind.

Waarom ware vriende skaars is

Die Bybel het voorspel dat mans en vroue vandag „liefhebbers van hulleself, . . . grootpraters, trotsaards, . . . ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand” sou wees (2 Timotheüs 3:1-4). Dit is dus geen wonder dat getroue vriende skaars is nie! Die omgewing waarin mense grootword, maak dit moeilik om die eienskappe van ’n vriend aan te kweek.

Maar daar is ander faktore. Sommige mense is oppervlakkig; hulle stel net in die oppervlakkige aspekte van die lewe belang. Ander is nie bereid om die opofferings te maak wat vir vriendskap nodig is nie. „Moenie betrokke raak nie!”, is die raad wat ’n mens deesdae alte dikwels hoor. Die wêreld se beklemtoning van materialisme het ook ’n nadelige uitwerking op vriendskap gehad. Mense verkies dikwels besittings​—selfs honde en katte—​bo mense. Indien hulle liefde teenoor hulle medemens toon, is dit dikwels oppervlakkig. Soos een bejaarde vrou gesê het: „Hulle toon liefde, maar op ’n afstand.” Selfs in kulture waar dit as gewone hoflikheid beskou word om ander te omhels en te soen, kan daar ’n gebrek aan ware ondersteuning wees wanneer ’n dringende behoefte ontstaan.

’n Gebrek aan tyd is ook ’n algemene hindernis in die weg van vriendskap. Mense is dikwels in hul daaglikse gejaag te besig of te uitgeput om vriendskappe op te bou. Of sommige meen moontlik dat vriende op oordadige vermaak getrakteer moet word, en kom dus tot die slotsom dat hulle nie vriende kan bekostig nie!

Oppervlakkige vriendskappe

Baie mense beweer nietemin dat hulle wel vriende het. Maar hoeveel diepte is daar in sulke verhoudinge? Mense stel dikwels in iemand belang op grond van wat daardie persoon kan gee, nie op grond van wat hy is nie. Sulke vriendskappe sal om hierdie rede waarskynlik kort van duur wees, want sodra die „vriend” nie meer nuttig is nie, word hy of sy gou verstoot.

Selfs gedeelde belangstelling is nie altyd voldoende grondslag vir ’n blywende vriendskap nie. Die Brazil Herald het eenkeer vertel van twee goeie „vriende” wat dit geniet het om oor naweke kroeë te besoek en straf te drink. Maar op ’n keer het hulle stry gekry oor wie die manlikste is. Die een het sy standpunt gestaaf deur die ander dood te skiet. Die moordenaar het later gesê dat hy sy „beste vriend” vermoor het.

Maar ondanks al die probleme en struikelblokke in verband met vriendskap is dit ’n voldonge feit dat ons almal ’n ingebore behoefte aan vriende het. Waar en hoe kan hulle dan gevind word?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel