“Dit het my ’n warm gevoel gegee”
Burt woon in Engeland. Hy het ses weke in Australië deurgebring waar hy by sy broer Eric en dié se vrou, wat Jehovah se Getuies is, gekuier het. Toe sy broer hom nooi om ’n vergadering by die Koninkryksaal by te woon, het Burt gehuiwer aangesien hy tot ’n ander godsdiens behoort. Maar hy was so verras deur die hartlikheid en vriendelikheid waarmee hy begroet is, dat hy ná sy terugkeer na Engeland hierdie brief van waardering aan die gemeente geskryf het:
“Ek moet erken dat ek nie ’n Getuie is nie, maar ’n bedrywige lid van die Anglikaanse Kerk, en daarom het ek Eric en Joan met ’n mate van onsekerheid na hulle Sondagdiens vergesel.
“My vrese was heeltemal ongegrond. Feitlik die hele gemeente het my nie net baie broederlik en opreg verwelkom nie, maar dit het my ’n warm gevoel gegee dat ek, hoewel ’n algehele vreemdeling, aanvaar is, nie soseer as ’n besoeker nie, maar as ’n welkome lid van die gemeente.
“Hoewel ek julle diens en getuienis nie ten volle verstaan het nie, het ek nietemin aan die einde van die vergadering vertrek met die gevoel dat ek grootliks baat gevind het by die ondervinding, en ek het gewonder waarom die liefde en opregtheid wat deur die hele diens duidelik was nie dwarsoor hierdie veelbewoë wêreld van ons kan versprei nie.
Die uwe,
Burt B.”