Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 4/15 bl. 8-9
  • Medelye vir ’n melaatse

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Medelye vir ’n melaatse
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Medelye vir ’n melaatse
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Medelye met ’n melaatse man
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • “Om die liefde van die Christus te ken”
    Kom nader aan Jehovah
  • Onthou jy om dankie te sê?
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 4/15 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Medelye vir ’n melaatse

TERWYL Jesus en sy vier dissipels die stede van Galilea besoek, versprei die nuus oor die wonderlike dinge wat hy doen deur die hele streek. Die berig oor sy dade bereik een stad waar daar ’n melaatse man is. Die geneesheer Lukas sê dat hy “vol van melaatsheid” was. Wanneer hierdie vreeslike siekte ’n gevorderde stadium bereik, vermink dit stadig verskillende dele van die liggaam. Hierdie melaatse se toestand is dus ellendig.

Wanneer Jesus in die stad aankom, nader die melaatse hom. Volgens God se wet moet ’n melaatse die waarskuwing “Onrein, onrein!” uitroep om te voorkom dat ander te na aan hom kom en dalk aangesteek word. Die melaatse val nou op sy aangesig en smeek Jesus: “Here, as U wil, kan U my reinig.”

Watter geloof het die man tog in Jesus! Maar hoe jammerlik laat sy siekte hom nie lyk nie! Wat sal Jesus doen? Wat sou jy doen? Jesus toon medelye deur sy hand uit te steek en die man aan te raak en te sê: “Ek wil, word gereinig!” En onmiddellik verdwyn die man se melaatsheid.

Sou jy graag iemand wat so medelydend is as jou koning wou hê? Die manier waarop Jesus hierdie melaatse behandel het, gee ons die versekering dat hierdie Bybelprofesie tydens sy Koninkryksbewind vervul sal word: “Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige.” Ja, Jesus sal dan sy hartsbegeerte vervul om almal wat swaar kry te help.

Selfs voor hy die melaatse gesond gemaak het, het Jesus se bediening groot opwinding onder die mense veroorsaak. Ter vervulling van Jesaja se profesie sê Jesus nou vir die geneesde man om vir niemand te vertel wat met hom gebeur het nie. Dan beveel hy hom: “Gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging, soos Moses voorgeskrywe het, vir hulle tot ’n getuienis.”

Maar die man is so bly dat hy nie die wonderwerk kan verswyg nie. Hy gaan heen en begin die nuus oral vertel. Hy wek skynbaar soveel belangstelling en nuuskierigheid onder die mense dat Jesus nie openlik in ’n stad kan ingaan nie. Daarom bly Jesus in verlate plekke waar niemand woon nie, en mense kom van heinde en ver om na hom te luister en om van hulle siektes genees te word. Lukas 5:12-16; Markus 1:40-45; Mattheüs 8:2-4; Levitikus 13:45; 14:10-13; Psalm 72:13; Jesaja 42:1, 2.

♦ Watter gevolg kan melaatsheid hê, en watter waarskuwing moes ’n melaatse gee?

♦ Hoe het ’n melaatse Jesus om hulp gesmeek, en wat kan ons uit Jesus se antwoord leer?

♦ In watter opsig was die geneesde man ongehoorsaam aan Jesus, en wat was die gevolge?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel