Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 8/15 bl. 24-25
  • Vervulling van Jesaja se profesie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vervulling van Jesaja se profesie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesaja se profesie word vervul
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesaja se profesie word vervul
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Sal jy ’n smeulende pit uitblus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • “My uitverkorene, wat my siel goedgekeur het!”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 8/15 bl. 24-25

Jesus se lewe en bediening

Vervulling van Jesaja se profesie

TOE Jesus bemerk dat die Fariseërs en Herodiane saamsweer om hom dood te maak, gaan hy en sy dissipels na die see van Galilea. Hier stroom groot menigtes van orals in Palestina en selfs van buite die landsgrense na hom. Hy maak baie gesond, sodat almal met ernstige siektes vooruitbeur om hom aan te raak.

Omdat die skare so groot is, sê Jesus aan sy dissipels dat ’n skuit altyd vir hom moet klaar lê. Deur van die land af weg te roei, kan hy verhoed dat die menigte hom verdring. Hy kan hulle vanuit die skuit onderrig of na ’n ander gebied langs die kus vaar om die mense daar te help.

Die dissipel Mattheüs merk op dat Jesus se werk ’n vervulling is van “wat gespreek is deur Jesaja, die profeet”. Dan haal Mattheüs die profesie aan wat Jesus vervul, naamlik:

“Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ’n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig. Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. ’n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ’n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. En op sy Naam sal die heidene hoop.”

Jesus is natuurlik die geliefde kneg wat God uitverkies. En Jesus kondig aan wat ware geregtigheid is, iets wat deur valse godsdienstradisies verberg word. As gevolg van hulle onbillike toepassing van God se wet sal die Fariseërs nie eers ’n siek mens op die sabbat help nie! Deur God se geregtigheid aan te kondig, verlig Jesus mense dus van die las van onregverdige tradisies, wat veroorsaak dat godsdiensleiers probeer om hom dood te maak.

Wat beteken dit dat ‘hy nie sal twis of uitroep sodat sy stem nie op die strate gehoor sal word nie’? Wel, wanneer Jesus mense gesond maak, ‘gebied Hy hulle streng om Hom nie bekend te maak nie’. Hy wil nie raserige reklame vir homself op die strate hê, of opgewonde tydings wat van mond tot mond gaan en verdraai word nie.

Jesus bring ook sy vertroostende boodskap aan mense wat figuurlik soos ’n geknakte riet, oorgebuig en vertrap, is. Hulle is soos ’n smeulende lamppit, waarvan die laaste lewensvonk amper doodgesmoor is. Jesus verbreek nie die geknakte riet en blus nie die flikkerende, rokende pit nie. Maar hy weet hoe om die sagmoediges met teerheid en liefde op te hef. Jesus is waarlik die een op wie die nasies kan hoop! Mattheüs 12:15-21; Markus 3:7-12; Jesaja 42:1-4.

◆ Hoe kondig Jesus geregtigheid aan, sonder om te twis of uit te roep op die strate?

◆ Wie is soos ’n geknakte riet en ’n lamppit, en hoe behandel Jesus hulle?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel