Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 9/15 bl. 31
  • ‘Ek het nog nooit iets beters gelees nie’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Ek het nog nooit iets beters gelees nie’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Akkurate wetenskap”
  • Waardering vir die Skepper
  • Help ander om ons Groot Skepper te waardeer
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Verkondig vrylating aan die gevangenes
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Bied die Goeie Nuus aan—Met die Skepping-boek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Help ander om ons Maker te eer
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 9/15 bl. 31

‘Ek het nog nooit iets beters gelees nie’

DIE boek Lewe​—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? het talle gehelp om beter te verstaan hoe lewe hier op die aarde gekom het en wat die doel daarmee is. Een persoon het geskryf: “Ek is 78 jaar oud en ek lees al sedert ek twee jaar oud is. Maar ek het nog nooit iets beters as Lewe​—Hoe het dit hier gekom? gelees nie. Dit is waarlik verbasend. Die inligting daarin is oorweldigend.”

’n Man in Nieu-Seeland het geskryf dat die boek “een van die uitsonderlikste werke in die geskiedenis van die moderne uitgewersbedryf moet wees”. ’n Ander, in Italië, het gesê: “Die boek is absoluut puik! Ek het dit gelees sonder om op te hou en sonder om moeg te word​—’n kenmerk van uitsonderlike boeke.”

’n Sakeman in Engeland het 25 eksemplare vir sy sakekennisse gekry. Sy eksemplare het gou opgeraak en hy het nog 25 gekry. En ’n godsdiensonderwyser in die Verenigde State het 24 eksemplare bestel om in sy klasse te gebruik.

“Akkurate wetenskap”

’n Leerling in Kanada het gesê: “Ek noem dit my wetenskapleerboek, en ek kan eerlik waar vir julle sê dat ek meer akkurate wetenskap uit hierdie boek geleer het as in al my skooldae.”

’n Man het in hierdie opsig geskryf: “Terwyl ek ’n universiteitskursus gevolg het, het ek honderde dollars vir verskeie kursusse betaal wat geensins meer inligting bevat het nie as die boek Lewe​—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Hierdie kursusse was in wiskunde, biologie, genetika, anorganiese en organiese skeikunde en antropologie. Ek besef nou dat ek ’n klomp geld kon bespaar het deur julle boek vir [R4,50] te koop. Terselfdertyd het julle die ‘kaf van die koring’ geskei.”

’n Fisiologiedosent het haar waardering uitgespreek en gesê: “Dit is presies die soort naslaanmateriaal wat ek dikwels gewens het ek het. Al die navorsing waarvoor ek dikwels gewens het ek die tyd of die lus het, is vir my gedoen!” Iemand anders het eweneens geskryf: “Ek waardeer werklik al die gedetailleerde navorsing wat hierdie boek moes geverg het. Dit moes sekerlik maande geduur het om elke onderwerp ten volle na te vors!”

Waardering vir die Skepper

’n Man wat geskryf het om sy “groot bewondering” vir die boek uit te spreek, het bygevoeg: “Die boek oortuig ’n mens nie net nie, dit besiel jou ook!” En dit is die boek se doel​—om vertroue in te boesem in ’n liefdevolle Skepper wat ’n wonderlike voorneme met die mensdom het.

’n Gesinsman het derhalwe geskryf dat dit “ons waardering vir ons wonderlike Vader verdiep het en die intelligensie van ons Ontwerper meer na vore bring as enige ander mensgemaakte publikasie”. ’n Vrou het insgelyks gesê dat, van al die boeke wat sy gelees het, “hierdie boek my vriendskap met Jehovah die meeste versterk het. Wat ’n ontsagwekkende God!” En ’n Kanadese vrou het geskryf: “Ek kan nie my gevoelens behoorlik uitdruk nie. Dit is die naaste wat ek nog daaraan gekom het om Jehovah se omvattende liefde te verstaan. As ek sien watter krag hierdie boek het, beweeg dit my tot trane.”

Vir opregte persone wat aan die bestaan van ’n Skepper twyfel, druk die volgende brief die boek se trefkrag goed uit: “Dankie! Dit was jare lank vir my moeilik om in ’n Skepper te glo, aangesien ek in evolusie geglo het. Maar toe het ek julle boek Lewe​—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? gekoop. Ek voel soos ’n blinde man wat vir die eerste keer kan sien. Ek het gesoek na ’n vaste grondslag en gegronde redenering om die oorsprong van lewe op aarde te verklaar en het dit uiteindelik in julle boek gevind. Dit het vir my al die antwoorde verstrek waarna ek al die jare gesoek het. Ek kan julle nie genoeg bedank nie! Hou aan met die goeie werk!”

Hierdie boek was inderdaad vir baie ’n besieling. Dit sal ongetwyfeld voortgaan om ander tot die Skepper, Jehovah God, te rig sodat hulle nou en vir ewig in sy nuwe stelsel hier op aarde seëninge kan geniet.​—2 Petrus 3:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel