Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 10/1 bl. 8-9
  • Wie is waarlik gelukkig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie is waarlik gelukkig?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Die beroemdste preek wat ooit gehou is
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die beroemde Bergpredikasie
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • „Julle is die sout van die aarde”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Gelukkig is diegene wat “die gelukkige God” dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 10/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Wie is waarlik gelukkig?

ALMAL wil gelukkig wees. Jesus besef dit en daarom begin hy sy Bergpredikasie deur diegene te beskryf wat waarlik gelukkig is. Soos ons ons kan voorstel, boei dit dadelik sy groot gehoor. En tog moet sy eerste woorde vir talle teenstrydig klink.

Jesus rig sy woorde tot sy dissipels en begin: “[Gelukkig] is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God. [Gelukkig] is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. [Gelukkig] is julle wat nou ween, want julle sal lag. [Gelukkig] is julle wanneer die mense julle haat . . . Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel.”

Dit is Lukas se verslag van die inleiding van Jesus se preek. Maar volgens Mattheüs se verslag sê Jesus ook dat die sagmoediges, die barmhartiges, die wat rein van hart is en die vredemakers gelukkig is. Hulle is gelukkig, sê Jesus, want hulle sal die aarde beërwe, hulle sal barmhartigheid bewys word, hulle sal God sien en hulle sal kinders van God genoem word.

Wat Jesus met gelukkig bedoel, is egter nie net om vrolik of opgeruimd te wees soos wanneer ’n mens pret het nie. Ware geluk gaan dieper en bevat die gedagte van tevredenheid, ’n gevoel van bevrediging en voldoening in die lewe.

Jesus toon dat diegene wat waarlik gelukkig is dus mense is wat bewus is van hulle geestelike behoefte, bedroef is oor hulle sondige toestand en God leer ken en dien. Al word hulle gehaat of vervolg omdat hulle God se wil doen, is hulle dan gelukkig, want hulle weet dat hulle God behaag en die ewige lewe as beloning van hom sal ontvang.

Maar baie van Jesus se toehoorders glo, net soos party mense vandag, dat dit welvarendheid en genot is wat ’n mens gelukkig maak. Jesus weet dat dit nie die geval is nie. Jesus maak ’n teenstelling wat baie van sy toehoorders moontlik verbaas en sê:

“Wee julle, rykes, want julle het jul troos weg. Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween. Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.”

Wat bedoel Jesus? Waarom bring dit wee mee as jy rykdom het, laggend genot najaag en die toejuiging van mense geniet? Dit is omdat diens aan God, wat die enigste ding is wat ware geluk meebring, uit ’n persoon se lewe uitgesluit word wanneer hy hierdie dinge het en koester. Terselfdertyd het Jesus nie bedoel dat ’n persoon gelukkig sal wees bloot omdat hy arm, honger of bedroef is nie. Maar sulke minder bevoorregte mense gee dikwels gehoor aan Jesus se leer, en so word hulle met ware geluk geseën.

Jesus wend hom vervolgens tot sy dissipels en sê: “Julle is die sout van die aarde.” Hy bedoel natuurlik nie dat hulle letterlik sout is nie. Maar sout is ’n preserveermiddel. ’n Groot hoop daarvan het naby die altaar by Jehovah se tempel gelê, en diensdoende priesters het dit gebruik om die offerandes te sout.

Jesus se dissipels is “die sout van die aarde” in die sin dat hulle ’n preserverende invloed op mense het. Die boodskap wat hulle oordra, sal inderdaad die lewens bewaar van almal wat daarop ag slaan! Dit sal duursame eienskappe, soos lojaliteit en getrouheid, in die lewens van sulke persone bewerkstellig en geestelike en sedelike verval in hulle voorkom.

“Julle is die lig van die wêreld”, sê Jesus vir sy dissipels. ’n Lamp word nie onder ’n maatemmer gesit nie, maar op ’n staander, en daarom sê Jesus: “Laat julle lig so skyn voor die mense.” Jesus se dissipels doen dit deur hulle openbare getuieniswerk, asook deur ligtende voorbeelde van gedrag te stel wat met Bybelbeginsels strook. Lukas 6:20-26, vgl. NW; Mattheüs 5:3-16.

♦ Wie is waarlik gelukkig, en waarom?

♦ Wie ontvang wee, en waarom?

♦ Hoe is Jesus se dissipels “die sout van die aarde” en “die lig van die wêreld”?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel