Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 2/15 bl. 3-4
  • Bekommer jy jou oor jou kinders?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bekommer jy jou oor jou kinders?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Verlore seun
  • Wat ons uit Maria se voorbeeld kan leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Maria – Swanger maar ongetroud
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus het geleer om gehoorsaam te wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 2/15 bl. 3-4

Bekommer jy jou oor jou kinders?

NATUURLIK bekommer jy jou! Siekte, dwelmmisbruik en jeugmisdaad is net drie van die probleme wat jy weet vir jou kinders gevaar inhou. Dit is normaal dat ouers besorg—selfs bekommerd—is oor hulle kinders.

Dit is hoe die meeste ouers deur die geskiedenis heen gevoel het, soos die Bybel toon. Ons onthou dat Jakob vir Josef gestuur het om na sy broers se welstand te verneem omdat Jakob besorg was oor hulle (Genesis 37:13, 14). Job het hom ook bekommer, al was sy seuns volgroeid, met hulle eie gesinne. Hy het gedink: “Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart [gevloek].”—Job 1:4, 5, vgl. NW.

Selfs Josef en Maria was besorg oor hulle volmaakte seun Jesus! Trouens, hulle was eenkeer, toe Jesus 12 jaar oud was, baie bekommerd oor hom omdat hulle hom nêrens kon kry nie. Hulle kind Jesus het hulle nietemin tot eer gestrek, en hulle het geen rede gehad om hulself te verwyt nie. Kom ons kyk wat presies by daardie gedenkwaardige geleentheid gebeur het en watter lesse hedendaagse ouers daaruit kan leer.

’n Verlore seun

As jy ’n ouer is, kan jy waarskynlik begryp hoe Maria gevoel het toe sy Jesus berispe het met die woorde: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek.” Josef en Maria was drie dae van Jesus geskei. ’n Mens kan begryp dat hulle bekommerd was toe hulle nie hulle twaalfjarige seun kon vind nie.—Lukas 2:48.

Hoe het dit gekom dat Jesus weggeraak het? ’n Bekende kommentator het Josef en Maria hiervoor gekritiseer en geskryf: “Hulle het immers geweet watter skat hulle besit. Hoe kon hulle dan soveel tyd laat verloop voor hulle begin soek het? Waar was die hart en tere besorgdheid van die moeder?” Maar soos ons sal sien, word Josef en Maria by nadere ondersoek van die verslag van ernstige blaam onthef.

Die Bybel toon in werklikheid dat Maria ’n goeie vrou en ’n eersteklas moeder was. Toe die engel Gabriël gekom het om Jesus se geboorte te voorspel, het hy gesê dat sy “genade by God gevind [het]” (Lukas 1:28, 30). Sy het gewillig die taak aanvaar om hierdie spesiale seun in die wêreld te bring, tesame met die gewigtige verantwoordelikheid om hom groot te maak en op te lei. Sy was ’n nederige vrou met sterk geloof in God. Na Jesus se geboorte het sy alles gedoen wat Jehovah se Wet vereis het, “soos geskrywe is”.—Lukas 1:38, 45-48; 2:21-23, 39.

Josef, die man wat met Maria getrou en die pleegvader van Jesus geword het, was ook ’n goeie, regverdige man wat by vier geleenthede met Jehovah se engel gepraat het (Mattheüs 1:19, 20; 2:13, 19, 22). Onthou, Jehovah het Josef en Maria gekies om Sy kosbare, eniggebore Seun groot te maak. Sou God nie ’n egpaar gekies het wat hulle goed sou kwyt van hul taak om hierdie seun te help om in goddelike wysheid toe te neem nie?

Vandag is baie ouers natuurlik bekommerd oor hulle kinders weens die gevaarlike en losbandige milieu waarin hulle hul bevind. En hulle weet dat hulle kinders nie volmaak is soos Jesus was nie. Ons kan nogtans baat vind by die voorbeeld van Josef, Maria en Jesus.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel