Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 6/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Wie is Jesus Christus?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Profesieë gee besonderhede oor die Messias
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Wie is Jesus Christus?
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 6/15 bl. 31

Vrae van lesers

◼ Jesus het aan die folterpaal uitgeroep: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” Het hy ’n gebrek aan geloof gehad en geglo dat God hom verlaat het?

Wanneer hulle hierdie woorde in Mattheüs 27:46 of Markus 15:34 gelees het, het party tot die slotsom gekom dat Jesus se vertroue in God gewankel het toe ’n pynlike dood hom in die gesig gestaar het. Ander het gesê dat dit bloot Jesus se menslike reaksie was, ’n begryplike wanhoopsuitroep van ’n mens van vlees en bloed wat in pyn verkeer. Daar is egter goeie rede om verder te kyk as sulke menslike beoordelings wat op ’n oppervlakkige beskouing berus. Hoewel nie een van ons vandag met sekerheid kan weet wat alles by Jesus se uitroep betrokke was nie, kan ons kyk na twee waarskynlike beweegredes.

Jesus het goed geweet dat hy “na Jerusalem moes gaan en veel . . . moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek” sou word (Mattheüs 16:21). In die hemel het die Seun van God gesien hoe selfs onvolmaakte mense ’n marteldood sterf terwyl hulle hulle onkreukbaarheid handhaaf (Hebreërs 11:36-38). Daar is dus absoluut geen rede om te glo dat Jesus—’n volmaakte mens—vreesbevange sou wees oor wat vir hom voorlê nie; die dood aan ’n folterpaal sou hom ook nie laat dink dat sy Vader hom verlaat het nie. Jesus het vooraf geweet “hoedanige dood Hy sou sterwe”, dit wil sê, ’n dood aan ’n folterpaal (Johannes 12:32, 33). Hy was ook seker dat hy op die derde dag opgewek sou word. Hoe kon Jesus dan sê dat God hom verlaat het?

Eerstens, hy kon dit in die bepaalde sin bedoel het dat Jehovah sy beskerming van sy Seun weggeneem het sodat Jesus se onkreukbaarheid tot die uiterste, tot ’n pynlike en skandelike dood, beproef kon word. Maar die feit dat Jehovah Jesus oorgegee het aan die toorn van vyande onder leiding van Satan het nie op algehele verlating gedui nie. Jehovah het steeds liefde teenoor Jesus betoon, en dit is bewys toe Hy sy Seun op die derde dag opgewek het, iets wat Jesus geweet het sou gebeur.—Handelinge 2:31-36; 10:40; 17:31.

In verband met die voorgaande is daar ’n tweede waarskynlike rede vir Jesus se woorde daar aan die folterpaal, naamlik dat hy, deur hierdie woorde te uiter, ’n profesie oor die Messias kon vervul. Ure tevore het Jesus vir die apostels gesê dat dinge sou plaasvind net “soos daar van Hom geskrywe is” (Mattheüs 26:24; Markus 14:21). Ja, hy wou die dinge vervul wat geskrywe was, onder meer dinge in Psalm 22. Jy sal dit moontlik interessant vind om die volgende te vergelyk: Psalm 22:8, 9—Mattheüs 27:39, 43; Psalm 22:16—Johannes 19:28, 29; Psalm 22:17—Markus 15:25 en Johannes 20:27; Psalm 22:19—Mattheüs 27:35. Psalm 22, wat so baie profetiese aanduidings van die Messias se ondervindinge bevat, begin: “My God, my God, waarom het U my verlaat . . . ?” Toe Jesus daardie woorde uitgeroep het, het hy dus nog ’n profesie gevoeg by dié wat hy vervul het.—Lukas 24:44.

Die psalmis het nie geglo dat sy God hom eenvoudig verwerp of verlaat het nie, want Dawid het voorts gesê dat hy ‘God se naam aan sy broers sou vertel’, en hy het ander aangespoor om Jehovah te prys (Psalm 22:23, 24). Jesus, wat Psalm 22 goed geken het, het eweneens rede gehad om seker te wees dat sy Vader nog steeds behae in hom geskep en hom liefgehad het, ten spyte van wat God toegelaat het dat hy aan die folterpaal verduur.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel