Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 7/15 bl. 3-4
  • Geloof kan berge versit!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geloof kan berge versit!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is geloof?
  • Geloof kan berge versit!
  • Geloof – ’n Eienskap wat ons help om sterk te wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Beoefen geloof in Jehovah se beloftes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Ware geloof—Wat is dit?
    Ontwaak!—2000
  • Beoefen geloof wat op die waarheid gegrond is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 7/15 bl. 3-4

Geloof kan berge versit!

DIE skare het gespanne gewag. ’n Vader het pas tevore sy epileptiese seun na manne gebring wat hom glo sou kon genees. Almal het gretig gewag dat hy genees word. Maar niks het gebeur nie! Die vader het teleurgesteld weggedraai.

Op daardie oomblik het vier ander manne verskyn en onder hulle was hulle leier, Jesus van Nasaret. Die vader het na hom gehardloop en gepleit: “Ontferm U oor my seun, want hy [het vallende siekte] en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.”

“Bring hom hier vir My”, het Jesus gesê. Die gevolg? “Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.” Ja, nog ’n wonderwerk! Maar waarom het die pogings van Jesus se dissipels misluk?

Jesus het verduidelik waarom en gesê: “Deur julle [kleingelowigheid]; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”—Mattheüs 17:14-20, vgl. NW.

Dit blyk uit hierdie ware ondervinding dat geloof kragtig is. Maar wat presies is geloof? Kan dit opgebou en versterk word? Kan dit werklik berge versit?

Wat is geloof?

Die apostel Paulus het geloof beskryf as “’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebreërs 11:1). Met ander woorde, geloof is die oortuigende bewys van iets onsigbaars. Dit is nie gegrond op blote hoorsê nie, maar het ’n vaste grondslag. Geloof verskil derhalwe van liggelowigheid. Een woordeboek definieer liggelowigheid as “geloof of bereidheid om te glo, veral op grond van min of twyfelagtige bewyse”. Daarteenoor het die persoon met opregte geloof gegronde bewyse vir wat hy glo. Daarom kan hy vir jou sê waarom hy daarvan oortuig is dat iets spesifieks sal gebeur. Die vader wat aan die begin gemeld is, het bewys gehad wat hom daarvan oortuig het dat Jesus sy seun kon genees. Watter bewys? Wel, Jesus het ruim twee jaar lank wonderwerke verrig, en sy roem het dwarsdeur die grootste deel van Palestina versprei.—Lukas 7:17; Johannes 10:25.

Geloof is ook beskryf as “die grondbrief van die dinge waarop ons hoop”. ’n Man wat ’n verafgeleë eiendom koop en die grondbrief in sy hand het, het oortuigende bewys dat die eiendom bestaan en dat dit werklik aan hom behoort, al het hy dit nog nooit gesien nie. Die persoon met geloof kan eweneens tasbare bewys lewer van wat hy glo. Gestel hy glo byvoorbeeld dat Jehovah God deur Sy Koninkryk ware vrede op hierdie aarde gaan bewerkstellig. Die individu moet dan bewys hê dat God bestaan en die mag, die wil en die wysheid het wat nodig is om vrede te bring en dat Hy die Koninkryk met daardie doel opgerig het. Sulke bewyse moet sterk genoeg wees om nie net die persoon wat geloof het te oortuig nie, maar ook ander wat dalk ‘van hom rekenskap eis omtrent sy hoop’ vir vrede.—1 Petrus 3:15.

Geloof kan berge versit!

Maar iemand vra dalk: ‘Het Jesus bedoel dat sulke geloof letterlik berge kan versit?’ Jesus kon dit ingesluit het, maar hy het dikwels illustrasies gebruik (Mattheüs 13:34). Hy het dus waarskynlik hindernisse wat vir die gelowige soos berge kan wees in gedagte gehad. Trouens, die woord “berg” word dikwels gebruik om ’n groot hoeveelheid te beteken, soos “’n berg skuld”. Talle hedendaagse ondervindinge bevestig die feit dat ware geloof bergagtige hindernisse kan versit of verwyder.

Sou jy byvoorbeeld nie saamstem dat om van jou nek af verlam te wees so ’n berg is nie? En tog het ’n kwadrupleeg wat in Vancouver, B.C., Kanada, woon, nie net geleer om met ’n kwas of ’n paletmes wat hy met sy mond vashou te skilder nie, maar hy onderhou hom ook deur sy skilderye te verkoop. Daarbewens beweeg sy geloof hom om met ander te praat oor wat hy uit die Bybel geleer het, en hy doen dit vanuit sy rolstoel of deur briewe te skryf. Hy tik sy briewe deur die tikmasjientoetse te druk met ’n stok wat hy met sy mond vashou. Hy woon ook Christenvergaderinge gereeld by en hou toesprake in die Teokratiese Bedieningskool wat deur Jehovah se Getuies gehou word. Sy voorbeeld van geloof, tesame met harde werk en vasbeslotenheid, is ’n bron van aanmoediging vir dié om hom.

Geloof in God se Woord en sy beloftes het ander insgelyks gehelp. Dit het talle byvoorbeeld gehelp om onchristelike gebruike en gewoontes, soos oneerlike sakegebruike, diefstal, die rookgewoonte, dobbel, dronkenskap, spiritisme, geslagsonsedelikheid en valse godsdiensgebruike, te bowe te kom. Die gemeenskaplike faktor in al hierdie ondervindinge was die verkryging van oortuigende bewys dat Jehovah God bestaan, dat die Bybel sy geskrewe Woord is en dat sy beloftes wat in die Skrif uiteengesit is betroubaar is en vervul sal word. Sulke geloof kan berge versit.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel