Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 5/1 bl. 8-9
  • Verdere onderrig op die sewende dag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verdere onderrig op die sewende dag
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Verdere onderrig op die sewende dag
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • “Die lig van die wêreld” – Die seun van God
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus berei die apostels voor op sy vertrek
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Nog pogings om Jesus dood te maak
    Die grootste mens wat nog geleef het
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 5/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Verdere onderrig op die sewende dag

DIT is nog die laaste dag van die Huttefees, die sewende dag. Jesus onderrig in die gedeelte van die tempel wat “die skatkamer” (NW) genoem word. Dit is na alle waarskynlikheid in die deel wat as die Voorhof van die Vroue bekend staan, waar daar kiste staan waarin mense hulle bydraes gooi.

Tydens die fees is daar elke aand ’n spesiale verligtingsvertoning in hierdie deel van die tempel. Vier reusekandelare, elk met vier groot komme wat vol olie is, is hier aangebring. Die lig van hierdie 16 komme brandende olie is sterk genoeg om snags ’n groot gebied daaromheen te verlig. Wat Jesus nou sê, herinner sy luisteraars moontlik aan hierdie vertoning. “Ek is die lig van die wêreld”, roep Jesus uit. “Wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.”

Die Fariseërs maak beswaar: “U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.”

Jesus antwoord: “Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.” Hy voeg by: “Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My.”

“Waar is u Vader?” wil die Fariseërs weet.

“Julie ken My nie en ook nie my Vader nie”, antwoord Jesus. “As julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.” Hoewel die Fariseërs Jesus steeds gevange wil laat neem, slaan niemand die hand aan hom nie.

“Ek gaan weg”, sê Jesus weer. “Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.”

Daarop begin die Jode wonder: “Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?”

“Julle is van benede”, verduidelik Jesus. “Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.” Dan voeg hy by: “As julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.”

Jesus praat natuurlik van sy voormenslike bestaan en die feit dat hy die beloofde Messias, of Christus, is. Hulle vra nietemin, ongetwyfeld baie minagtend: “Wie is U dan?”

Omdat hulle hom verwerp, antwoord Jesus: “Waarom praat Ek eintlik nog met julle?” (NAV). Hy sê egter voorts: “Hy wat my gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld.” Jesus gaan voort: “Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat my gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.”

Toe Jesus hierdie dinge sê, stel talle geloof in hom. Vir hulle sê hy: “As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

“Ons is die geslag van Abraham”, val sy teenstanders hom in die rede, “en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?”

Al was die Jode dikwels onder vreemde oorheersing erken hulle geen onderdrukker as heerser nie. Hulle verseg om slawe genoem te word. Maar Jesus wys daarop dat hulle inderdaad slawe is. In watter opsig? “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle”, sê Jesus, “dat elkeen wat die sonde doen, ’n dienskneg van die sonde is.”

Die feit dat hulle weier om hulle slawerny aan die sonde te erken, plaas die Jode in ’n gevaarlike posisie. “Die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie”, verduidelik Jesus. “Die seun bly vir altyd.” Aangesien ’n slaaf geen erfregte het nie, loop hy gevaar om te eniger tyd weggestuur te word. Slegs die seun wat werklik in die huishouding gebore of as lid daarvan aangeneem is, bly “vir altyd”, dit wil sê, so lank soos hy lewe.

“As die Seun julle dan vrygemaak het”, gaan Jesus voort, “sal julle waarlik vry wees.” Die waarheid wat mense vrymaak is dus die waarheid aangaande die Seun, Jesus Christus. Dit is slegs deur middel van sy volmaakte menselewe wat as offer gegee is dat enigiemand van dodelike sonde vrygemaak kan word. Johannes 8:12-36.

◆ Waar onderrig Jesus op die sewende dag? Wat gebeur snags op daardie plek, en hoe hou dit verband met Jesus se onderrig?

◆ Wat sê Jesus oor sy herkoms, en wat behoort dit aangaande sy identiteit te verklaar?

◆ In watter opsig is die Jode slawe, maar watter waarheid sal hulle vrymaak?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel