Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 7/15 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle neem Jesus na Pilatus
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Hoe Jehovah ons help om ons bediening uit te voer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Voor die Sanhedrin, dan na Pilatus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Voor die Sanhedrin, dan na Pilatus
    Die grootste mens wat nog geleef het
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 7/15 bl. 30

Vrae van lesers

◼ Het Jesus van Judas gepraat toe hy vir Pilatus gesê het: “Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde”?—Johannes 19:11.

Jesus het blykbaar nie hier van Judas of enige ander spesifieke man gepraat pie. ’n Aantal skuldige manne was betrokke by die gebeure wat daartoe gelei het dat Jesus voor Pilatus gestaan en die dood hom in die gesig gestaar het.

’n Mens dink waarskynlik eerste aan Judas, omdat daardie verdorwe apostel ’n verraaier geword het (Johannes 6:64, 71; 12:4-6). Judas het met die owerpriesters beraadslaag wat ‘Jesus wou ombring’. Hulle het Judas 30 silwerstukke betaal om hom te verraai (Lukas 22:2-6). Judas het ongetwyfeld groot skuld gedra aan Jesus se dood.

Maar dit is nie net Judas wat Jesus se dood meegebring het nie. Die hoëpriester Kajafas het ander opgestook om Jesus dood te maak (Johannes 11:49, 50). Mattheüs vertel dat toe “die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad” Jesus veroordeel het hulle as ’n groep opgetree het. “AI die owerpriesters en die ouderlinge van die volk [het] saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak. En hulle het Hom geboei en weggelei en Hom oorgelewer aan Pontius Pilatus, die goewerneur” (Mattheüs 26:59-65; 27:1, 2). Boonop het “die skare” gevra dat Barabbas vrygelaat word nadat Pilatus Jesus onskuldig bevind het. Wat Jesus betref, het hulle egter geskreeu: “Laat Hom gekruisig word!”—Mattheüs 27:20-23; Johannes 18:40.

Jesus het dus waarskynlik nie van een spesifieke individu gepraat toe hy vir Pilatus gesê het nie: “Hy wat My aan u oorlewer, [het] groter sonde” (Johannes 19:11). Hoewel Judas, “die seun van die verderf”, besonder swaar skuld gedra het, was talle ander ook skuldig aan die sonde om Jesus dood te maak (Johannes 17:12). Dit is waarom die apostel Petrus op die dag van Pinkster ’n beroep op die Jode gedoen het om hulle van hul groot sonde teen die Seun van God te bekeer (Handelinge 2:36-38). Daardie Jode was deel van ’n nasie wat aan Jesus se God, Jehovah, toegewy was. Hulle het die profesieë wat Jesus as die Messias geïdentifiseer het tot hulle beskikking gehad. En baie van hulle het Jesus se wonderwerke gesien. Hulle was dus beslis skuldiger aan sonde as ’n nie-Joodse amptenaar deur wie Jesus onskuldig verklaar is.—Johannes 18:38.

◼ Waarom het Jehovah vir Esegiël gesê dat sy aangesig hard net soos die aangesigte van die Jode moes wees?

Esegiël was ’n profeet van God wat gedien het onder die Jode wat in gevangenskap na Babilon geneem is. Hierdie gevangenes het blykbaar gedink dat Jehovah op die een of ander manier gou tot hul redding sou kom omdat hulle sy uitverkore volk was. Hulle het nie die feit aanvaar dat wat hulle deurgemaak het oor hulle gekom het omdat hulle sy onguns verdien het nie.

Toe Jehovah Esegiël dus beveel het om ‘hulle met sy woorde aan te spreek’, was dit nie ’n maklike toewysing nie. God het die profeet daarop voorberei en hom gewaarsku: “[Hulle] sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie; want die hele huis van Israel het ’n harde voorhoof en ’n ongevoelige hart.”—Esegiël 3:4, 7.

Toe het God vir Esegiël gesê: “Kyk, Ek maak jou aangesig hard net soos hulle aangesig en jou voorhoof hard net soos hulle voorhoof. Jou voorhoof maak Ek hard soos ’n diamant, harder as ’n rots [“vuursteen”, NW]; Jy mag nie vir hulle bevrees . . . wees nie.”—Esegiël 3:8, 9.

Die volk was hardnekkig en wederstrewig (Esegiël 2:6). Sou hulle die oorhand kry oor God se boodskapper of hom intimideer? Nee. Aangesien hy God se steun gehad het, sou Esegiël nie sagter as hulle wees nie. Vuursteen is ’n baie harde steen, harder as staal. As die hardnekkige, ongehoorsame Jode met vuursteen vergelyk kon word, kon Esegiël ook. Hy sou selfs harder wees, soos ’n diamant, die hardste van alle minerale; dit is so hard dat dit selfs vuursteen kan krap.—Jeremia 17:1, 2.

Dit beteken beslis nie dat God se hedendaagse knegte dit as wenslik moet beskou om hard en ongevoelig vir ’n ander se gevoelens te wees of selfs genadeloos te doen wat hulle meen reg is nie. Let op wat die apostel Petrus oor ons omgang met ander gesê het: “Wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik. Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel.”—1 Petrus 3:8, 9.

Ontferming is ook een van die onderliggende beweegredes waarom ons die goeie nuus van die Koninkryk aan ander verkondig (Mattheüs 9:36-38). Maar wanneer ons onverskilligheid, afkeuring of openlike teenstand teëkom, sal ons nie ophou om God se boodskap vir ons tyd te verkondig nie. Dit sluit in dat ons verkondig dat hy binnekort “wraak [sal] uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie” (2 Thessalonicense 1:6-9). Ons moet nie geïntimideer word of stilbly nie. In hierdie opsig kan ons, net soos Esegiël, hard soos ’n diamant wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel