Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 8/1 bl. 29
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Glanspunte uit die boek Klaagliedere
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Bybelboek nommer 25—Klaagliedere
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Hou lyding enige voordele in?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • “Ek het my woorde in jou mond gelê”
    God se woord vir ons deur Jeremia
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 8/1 bl. 29

Vrae van lesers

◼ Waarom praat Klaagliedere 4:10 van moeders wat hulle eie kinders geëet het as “teerhartige vroue”?

Jeremia het die wanhopige situasie van die Jode gedurende die Babiloniese beleëring van Jerusalem in 607 v.G.J. beskryf en gesê: “Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van my volk.”—Klaagliedere 4:10.

Moses het die Israeliete eeue tevore gewaarsku dat hulle toekoms deur òf die “seën” òf die “vloek” gekenmerk sou word. Hulle sou seëninge geniet as hulle God se gebooie gehou het, maar hulle sou lyding oor hulself bring as hulle sy regverdige weë verwerp het. Een van die vreeslike gevolge was dat die Israeliete so ver sou gaan om hul eie kinders te eet (Deuteronomium 28:1, 11-15, 54, 55; 30:1; Levitikus 26:3-5, 29). Dit het werklik gebeur nadat Jehovah die ontroue, ongehoorsame nasie in die Babiloniërs se hande oorgegee het.

In Klaagliedere 4:10 het die profeet Jeremia gebruik gemaak van die welbekende feit dat ’n moeder van nature teerhartig, deernisvol en beskermend teenoor haar kinders is (1 Konings 3:26, 27; 1 Thessalonicense 2:7). Maar die hongersnood in beleërde Jerusalem was so erg en die gevolglike verhongering so nypend dat moeders wat gewoonlik teerhartig sou wees hulle kinders gekook en soos kannibale geëet het.—Vergelyk Klaagliedere 2:20.

’n Soortgelyke situasie het ontstaan na die Jode die Messias verwerp het, wat hulle gewaarsku het oor ’n komende beleëring van Jerusalem (Mattheüs 23:37, 38; 24:15-19; Lukas 21:20-24). Geskiedskrywer Josephus het een van die gruwels van die beleëring in 70 G.J. beskryf: “Maria, die dogter van Eleasar . . . het haar seun doodgemaak, hom toe gebraai en die helfte geëet, terwyl sy die res versteek en bewaar het.”—The Jewish War, vertaal deur G. A. Williamson, hoofstuk 20, bladsy 319.

Dit is waarlik nie die verstandige weg om God se wette en weë te verlaat nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel