Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 8/1 bl. 29
  • Jaarvergadering—7 Oktober 1989

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jaarvergadering—7 Oktober 1989
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Jaarvergadering—7 Oktober 1989
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Jaarvergadering—6 Oktober 1990
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Jaarvergadering—6 Oktober 1990
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Jaarvergadering—1 Oktober 1988
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 8/1 bl. 29

Jaarvergadering—7 Oktober 1989

DIE JAARVERGADERING van die lede van die Watchtower Bible and Tract Society of Pennsylvania sal op 7 Oktober 1989 in die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies, Kennedy-Boulevard 2932, Jersey City, New Jersey, gehou word. Daar sal om 9:30 vm. ’n vergadering vir net die lede wees, gevolg deur die algemene jaarvergadering om 10:00 vm.

Die lede van die Genootskap moet die kantoor van die Sekretaris nou in kennis stel van enige verandering in hulle posadres gedurende die afgelope jaar sodat die gewone kennisgewings en volmagte hulle kort na 15 Augustus kan bereik.

Die volmagte, wat saam met die kennisgewing van die jaarvergadering aan die lede gestuur sal word, moet teruggestuur word sodat dit die kantoor van die Sekretaris van die Genootskap voor of op 1 September bereik. Elke lid moet sy volmag onverwyld invul en terugstuur en ook aandui of hy self by die vergadering sal wees al dan nie. Hierdie inligting moet pertinent op elke volmag verskyn, aangesien dit gebruik sal word om vas te stel wie die vergadering sal bywoon.

Daar word verwag dat die hele sessie, met inbegrip van die formele sakevergadering en verslae, om 1:00 nm. of kort daarna afgehandel sal wees. Daar sal geen middagsessie wees nie. Omdat die sitplek in die saal beperk is, sal slegs kaartjiehouers toegelaat word. Die jaarvergadering sal nie telefonies met ander vergaderplekke verbind word nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel