Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 8/15 bl. 8-9
  • Werkers in die wingerd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Werkers in die wingerd
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Arbeiders in die wingerd
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die illustrasie van die werkers in die wingerd
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Wee die ontroue wingerd!
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I
  • Aan die kaak gestel deur wingerdgelykenisse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 8/15 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Werkers in die wingerd

“BAIE wat eerste is”, het Jesus pas gesê, “sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.” Nou lig hy dit toe deur ’n verhaal te vertel. “Die koninkryk van die hemele”, begin hy, “is soos ’n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.”

Jesus sê voorts: “Nadat [die huisheer] met die arbeiders ooreengekom het vir ’n penning op ’n dag, stuur hy hulle in sy wingerd. En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan. En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan. Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen. En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig? Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd.”

Die huisheer, of eienaar van die wingerd, is Jehovah God, en die wingerd is die nasie Israel. Die werkers in die wingerd is mense wat in die Wetsverbond ingebring is; hulle is spesifiek daardie Jode wat in die dae van die apostels lewe. Dit is net met die werkers wat ’n volle dag werk wat die loonooreenkoms aangegaan is. Die loon is ’n penning vir ’n dag se werk. Aangesien “die derde uur” 9:00 vm. is, werk diegene wat op die 3de, 6de, 9de en 11de uur geroep is net 9, 6, 3 en 1 uur onderskeidelik.

Die werkers wat 12 uur, of ’n volle dag, werk, beeld die Joodse leiers af wat deurentyd gewyde diens gelewer het. Hulle is anders as Jesus se dissipels, wat die grootste deel van hulle lewe in die vissersbedryf of ander sekulêre beroepe was. Dit was eers in die noordelike herfs van 29 G.J. dat die “huisheer” Jesus Christus gestuur het om hierdie mense te versamel om sy dissipels te wees. Hulle het dus “die laastes”, of die wingerdwerkers van die elfde uur, geword.

Die simboliese werkdag eindig uiteindelik met die dood van Jesus, en die tyd breek aan om die werkers te betaal. Die ongewone reël om die laastes eerste te betaal word gevolg, soos verduidelik word: “Toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes. En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ’n penning ontvang. Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ’n penning ontvang. En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het. Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ’n penning nie? Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou. Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?” Ten slotte herhaal Jesus ’n gedagte waarop hy vroeër die aandag gevestig het, en sê: “So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste.”

Die ontvangs van die penning het nie by Jesus se dood nie, maar by Pinkster 33 G.J. plaasgevind toe Christus, die “opsigter”, heilige gees oor sy dissipels uitgestort het. Die dissipels van Jesus was soos “die laastes”, of die werkers wat die elfde uur begin het. Die penning het nie die gawe van die heilige gees self afgebeeld nie. Die penning was iets wat die dissipels hier op aarde kon gebruik. Dit was iets waarvan hulle bestaan, hulle ewige lewe, afgehang het. Dit was die voorreg om ’n geestelike Israeliet te wees wat gesalf is om God se Koninkryk te verkondig.

Die wat eerste gehuur is, het spoedig gemerk dat Jesus se dissipels betaal is en het gesien dat hulle die simboliese penning gebruik. Maar hulle wou meer as heilige gees en die gepaardgaande Koninkryksvoorregte hê. Hulle murmurering en besware was in die vorm van vervolging van Christus se dissipels, die ‘laaste’ werkers in die wingerd.

Is daardie eerste-eeuse vervulling die enigste vervulling van Jesus se illustrasie? Nee, die geestelikes van die Christendom in hierdie 20ste eeu was, op grond van hulle ampte en verantwoordelikhede, die “eerstes” wat vir werk in God se simboliese wingerd gehuur is. Hulle het toegewyde predikers wat aan die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap verbonde was, as “die laastes” beskou wat ’n geldige toewysing in God se diens kan hê. Maar dit is trouens juis hierdie persone wat deur die geestelikes verag is wat die penning ontvang het—die voorreg om as gesalfde ambassadeurs van God se hemelse Koninkryk te dien. Mattheüs 19:30–20:16.

◆ Wat word deur die wingerd afgebeeld? Wie word deur die wingerd se eienaar en deur die werkers wat 12 uur en 1 uur werk, afgebeeld?

◆ Wanneer het die simboliese werkdag geëindig, en wanneer het die betaling plaasgevind?

◆ Wat word deur die betaling van die penning afgebeeld?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel