Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 1/1 bl. 30-31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Sy het opgekom vir God se volk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Sy het opgekom vir God se volk
    Volg hulle geloof na
  • Glanspunte uit die boek Ester
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Sy het verstandig, moedig en onselfsugtig opgetree
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 1/1 bl. 30-31

Vrae van lesers

◼ Het die jong Jodin Ester onsedelike geslagsomgang met die Persiese koning gehad sodat sy sy guns kon wen en sodoende voordele kon behaal?

Dit is wat sommige mense miskien afgelei het uit sekulêre verslaggewing, maar die betroubare verslag in die Bybel weerspreek hierdie vermoede.

Die Joodse geskiedskrywer Flavius Josephus voorsien ’n sekulêre verslag dat die Persiese koningin Vasti geweier het om voor haar man, Ahasveros, te verskyn. Daarop het die koning, klaarblyklik Xerxes I van die vyfde eeu v.G.J., Vasti in woede verwerp en ingestem dat daar deur die hele ryk heen na ’n nuwe koningin gesoek moet word. Mooi, jong maagde is byeengebring en aan ’n langdurige skoonheidsbehandeling onderwerp.

“En toe [die koning se eunug] gemeen het dat die maagde voldoende behandeling ontvang het . . . en nou geskik was om in die koning se bed geneem te word, het hy elke dag een gestuur om by die koning te lê, wat, nadat hy met haar omgang gehad het, haar dadelik na die eunug toe teruggestuur het. Maar toe Ester na hom kom, het sy hom geval en het hy haar, omdat hy op haar verlief geraak het, sy wettige vrou gemaak en hulle huwelik gevier.”—Jewish Antiquities, Deel XI, 184-202, vertaal deur Ralph Marcus. (Deel 11, hoofstuk 6, paragrawe 1, 2, soos vertaal deur William Whiston.)

Hierdie sekulêre verslag kan ’n mens laat dink dat die maagde onsedelike geslagsomgang met die koning gehad het en dat die enigste verskil in Ester se geval is dat haar onsedelikheid tot haar huwelik en haar kroning as koningin gelei het. Die Bybel gee ons egter inligting wat akkurater en meer bevredigend is.

Nadat die Bybel die skoonheidsbehandeling beskryf het, sê hy: “As die meisie dan so na die koning ingaan, . . . As sy in die aand ingaan en in die môre terugkom na die tweede vrouehuis onder toesig van Saäsgas, die hofdienaar van die koning wat die byvroue bewaak, dan mag sy nie weer by die koning ingaan nie, behalwe as die koning behae in haar vind en sy by die naam geroep word.”—Ester 2:13, 14.

Die Skrif sê Ester is “verplaas” na “die vrouehuis” waar sy ’n lang, voorgeskrewe skoonheidskuur ondergaan het: “Ester is toe by koning Ahasveros in sy koninklike paleis opgeneem . . . en die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jong meisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.”—Ester 2:8, 9, 16, 17.

Het jy uit die Bybelverhaal gesien waarheen die vroue geneem is nadat hulle die nag saam met die koning deurgebring het? ‘Na die tweede vrouehuis onder die toesig van die hofdienaar wat die byvroue bewaak.’ Hulle het dus byvroue geword. Mordegai, die skrywer van die Bybelboek Ester, was ’n Hebreër, en onder sy volk het ’n byvrou destyds ’n sosiale status as ’n tweederangse vrou geniet. Die goddelike wet het voorsiening gemaak dat ’n Israelitiese man ’n krygsgevange vreemde meisie kon neem, en sy het dan sy byvrou, of tweederangse vrou, met regte en wetlike beskerming geword. (Deuteronomium 21:10-17; vergelyk Exodus 21:7-11.) Kinders gebore uit so ’n wettige byvrou was wettige kinders en kon ’n erfdeel ontvang. Jakob se 12 seuns, die voorvaders van die 12 stamme van Israel, was die kinders van sy vrouens en wettige byvroue.—Genesis 30:3-13.

Die prosedure was dat die maagde, nadat hulle by die Persiese koning was, na die huis van die byvroue gegaan het. Dit dui aan dat hulle sy tweederangse vroue geword het.

Wat van Ester? Die Bybel sê nie dat sy by die koning geslaap het en so sy guns verwerf het nie. Dit sê nie dat sy na die huis van die byvroue geneem is nie, maar sê net: “Ester is toe by koning Ashasveros in sy koninklike paleis opgeneem . . . En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue.” Onthou, vroeër het Ester ‘guns by Hegai, die bewaker van die vroue gevind’ sonder dat sy haar kuisheid en maagdelikheid enigsins deur ’n seksuele toegewing in gevaar gestel het. Boonop het Ester “guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het” (Ester 2:8, 9, 15-17). Ester het dus ongetwyfeld die koning beïndruk en sy agting afgedwing, net soos sy die agting van ander afgedwing het.

Hoe dankbaar kan ons tog nie wees dat ons die feite en insig het wat die Bybel aan ons verskaf nie! Hoewel hierdie dinge duisende jare gelede gebeur het, kan ons dus seker wees dat Ester met kuisheid en in ooreenstemming met goddelike beginsels gehandel het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel