Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 4/15 bl. 26-27
  • “Die dag van die Here”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Die dag van die Here”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Jesus Christus is Here’—Hoe en wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die boek Openbaring—Wat beteken dit?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wat sal die dag van die Here vir jou beteken?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Wees gelukkige lesers van die boek Openbaring
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 4/15 bl. 26-27

“Die dag van die Here”

“EK WAS in die gees op die dag van die Here” (Openbaring 1:10). So het die bejaarde apostel Johannes, wat hierbo uitgebeeld word, in die eerste hoofstuk van die Bybelboek Openbaring gesê. Sy woorde help ons om vas te stel wanneer die luisterryke visioene wat hy voorts beskryf, vervul sou word.

Maar nie almal is dit eens met hierdie weergawe van Openbaring 1:10 nie. Die Duitse vertaler Jörg Zink gee dit só weer: “Ek is met heilige gees vervul—dit was Sondag.” Maar die meeste Bybelvertalings vertaal die Griekse sinsnede teiʹ ky·ri·a·keiʹ he·meʹrai as “die dag van die Here”. Baie beweer egter in ’n voetnoot dat dit van ’n Sondag praat. Is dit reg?

Die Duitse Herders Bibelkommentar, ’n Katolieke naslaanwerk, verduidelik die redenasie agter hierdie beskouing wanneer dit sê: “Dit praat nie hier [in Openbaring 1:10] van die Finale Oordeelsdag, wat ook as die ‘Dag van die Here’ bekend staan nie, maar van ’n spesifieke dag van die week. Die vroeë Christene het in die middel van die eerste eeu reeds die eerste dag van die week as die dag van hulle hoofkerkdienste begin vier (Hand. 20:7; 1 Kor. 16:2).” Maar die twee tekste wat deur daardie naslaanwerk aangehaal word, bewys geensins dat die eerste-eeuse Christene die eerste dag van die week as “die dag van hulle hoofkerkdienste” beskou het nie.

Die eerste teks, Handelinge 20:7, deel ons bloot mee dat Paulus, sy reisgenote en Christene van Troas die eerste dag van die week vir ’n maaltyd vergader het. Aangesien Paulus die volgende dag sou vertrek en hy hulle ’n tyd lank nie weer sou sien nie, het hy van die geleentheid gebruik gemaak om lank met hulle te praat.

Die tweede teks, 1 Korinthiërs 16:2, het die Christene in Korinthe aangemoedig om “elke eerste dag van die week” geld opsy te sit sodat hulle iets kon hê om vir die behoeftiges in Judea by te dra. Kenner Adolf Deissmann sê dat hierdie dag moontlik ’n betaaldag was. Paulus se voorstel was nietemin prakties, aangesien geld gedurende die week kon opraak.

Dit sê nêrens in die Bybel dat Christene in die apostoliese tydperk die eerste dag van die week, wat nou Sondag genoem word, beskou het as ’n soort Christelike sabbat, ’n dag wat uitsluitlik vir hulle gereelde vergaderinge vir aanbidding opsygesit is nie. Dit is eers ná die dood van die apostels dat mense Sondag so begin beskou het en dat hulle dit “die dag van die Here” begin noem het. Dit was ’n deel van die afvalligheid wat Jesus en die apostels self voorspel het.—Mattheüs 13:36-43; Handelinge 20:29, 30; 1 Johannes 2:18.

Wat is “die dag van die Here” dan? Die teksverband van Openbaring 1:10 wys na Jesus as die Here wie se dag dit is. God se Woord identifiseer uitdrukkings soos “die dag van onse Here Jesus Christus” met ’n oordeelstydperk vir die mens en ’n tyd vir die herstel van die Paradys.—1 Korinthiërs 1:8; 15:24-26; Filippense 1:6, 10, vgl. NW; 2:16.

Hans Bruns het dit dus gelyk wanneer hy in sy vertaling met kommentaar, Das Neue Testament (Die Nuwe Testament), sê: “Sommige sê dat hy [Johannes] hier van Sondag praat, maar dit is baie waarskynliker dat hy van die roemryke Dag van die Here praat, waarop sy hele beskrywing wat daarop volg op stuk van sake betrekking het.” W. E. Vine sê: “‘Die Dag van die Here’ . . . is die Dag van Sy geopenbaarde oordeel oor die wêreld.” Fritz Rienecker se Lexikon zur Bibel (Leksikon van die Bybel) sê dit is duidelik dat “die dag van die Here” van die “oordeelsdag” praat.

Die regte begrip van die uitdrukking “die dag van die Here” help ons om die hele boek Openbaring te verstaan. Daarbenewens toon bewyse dat daardie dag reeds begin het. Hoe belangrik is dit dan dat ons ‘die woorde van die profesie van Openbaring hoor en bewaar wat daarin geskrywe is’!—Openbaring 1:3, 19.

[Prent op bladsy 27]

’n Duidelike en bygewerkte verklaring van elke vers in die boek Openbaring word aangebied in “Openbaring—Sy groot klimaks is ophande!” Hierdie boeiende Bybelstudiehulp is nou in 33 tale beskikbaar

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel