Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 5/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorbereid om te preek ondanks vervolging
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Voorbereiding op vervolging
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Voorbereiding op vervolging
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus preek in Galilea en lei die apostels op
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 5/15 bl. 31

Vrae van lesers

◼ Het Jesus ons in Mattheüs 10:21 gewaarsku dat baie broers in die gemeente teen hulle geestelike broers sal draai?

Nee, dit is nie die strekking van Jesus se waarskuwing nie, wat lui: “Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.”—Mattheüs 10:21.

Die teksverband toon dat Jesus hierdie woorde aan sy 12 apostels gerig het toe hy hulle uitgestuur het op ’n predikingsreis in Israel. Baie van die dinge wat hy gesê het, was hoofsaaklik vir die apostels bedoel. Hy het byvoorbeeld gesê dat hulle mag sou ontvang om siekes wonderdadig te genees, duiwels uit te dryf en selfs dooies op te wek (Mattheüs 10:1, 8; 11:1). Die geskiedenis toon dat nie alle Christene sulke wonderdadige vermoëns ontvang het nie, wat bevestig dat Jesus hier met ’n bepaalde gehoor—sy apostels—gepraat het.

Van die dinge wat Jesus gesê het, het nietemin op meer as net die apostels se predikingsreis betrekking gehad. Hy het aan hulle gesê: “Pasop vir die mense; . . . [julle sal] voor goewerneurs en konings . . . gebring word om My ontwil tot ’n getuienis vir hulle en vir die heidene” (Mattheüs 10:17, 18). Op daardie reis het die 12 waarskynlik teenstand ondervind, maar daar is geen bewys dat hulle “voor goewerneurs en konings” gebring is om ’n getuienis vir “die heidene” te gee nie. In latere jare het die apostels voor heersers verskyn, soos konings Herodes Agrippa I en II, Sergius Paulus, Gallio en selfs keiser Nero (Handelinge 12:1, 2; 13:6, 7; 18:12; 25:8-12, 21; 26:1-3). Jesus se woorde het dus in sekere mate op latere geleenthede betrekking gehad.

Jesus het sy raad voortgesit met die waarskuwing: “Die een broer sal die ander tot die dood oorlewer.” Hy het nie gepraat van geestelike broers nie, net so min as wat hy van geestelike vaders of kinders gepraat het toe hy die volgende in vers 21 gesê het: ‘Die vader sal sy kind oorlewer, en kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.’ Jesus het bedoel dat die apostels vyandigheid of teenstand selfs van familielede kon verwag.—Mattheüs 10:35, 36.

Die apostels sou volharding op daardie predikingsreis aan die dag moes lê. Jesus het vervolg: “Julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.”—Mattheüs 10:22.

Van die dinge wat Jesus by daardie geleentheid gesê het, is vir ons as Jehovah se Getuies vandag van belang. Ons prediking lê die klem op die Koninkryk. Ons verrig ons bediening gratis en ons soek na mense wat belangstel in die boodskap of wat dit waardig is. Omsigtigheid is nodig. Daar is baie teenstanders. Soms veroorsaak familielede, bure of werkmaats ernstige probleme, veral vir opreggesindes wat begin om in die weg van ware Christelikheid te wandel. Jesus het weer gewaarsku teen sulke teenstand toe hy “die teken” van sy teenwoordigheid beskryf het (Mattheüs 24:3, 9, 10; Lukas 21:16, 17). Hy het ook herhaal dat ons moet ‘volhard tot die einde toe om gered te word’. Ja, ons moet volhard tot die einde van ons teenwoordige lewe of totdat hierdie stelsel van dinge eindig en ons die nuwe wêreld kan binnegaan.—Mattheüs 24:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel