Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 9/15 bl. 3
  • Verhoor God jou gebede?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verhoor God jou gebede?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarvoor bid sommige mense?
  • Inleiding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2021
  • Wie se gebede word verhoor?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Gebede wat verhoor word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 9/15 bl. 3

Verhoor God jou gebede?

“EK HET nog nooit die gevoel gehad dat my gebede verhoor word nie”, het ’n vrou van Hokkaido, Japan, gesê. In hierdie opsig is sy geen uitsondering nie. Baie mense voel dat hulle gebede nooit verhoor word nie. Trouens, jy wonder dalk of God jou gebede verhoor.

Miljoene mense rig ontelbare gebede tot tallose godhede. Waarom lyk dit asof so baie gebede nie verhoor word nie? Om uit te vind, kan ons gerus eers die soorte gebede ondersoek wat gedoen word.

Waarvoor bid sommige mense?

Gedurende die Nuwejaarseisoen bid twee derdes van Japan se bevolking, of sowat 80 miljoen mense, in Sjinto-heiligdomme of in Boeddhistiese tempels. Hulle gee muntstukke as offerandes en bid vir materiële voorspoed en die veiligheid van hulle gesin.

In Januarie en Februarie—net voor die veeleisende toelatingseksamen—stroom studente na heiligdomme soos die een in Tokio wat bekend is vir sy god van die opvoedkunde. Hulle skryf hulle wense op bidplate van hout en hang dit aan houtstawe op die gronde van die heiligdomme. Gedurende die 1990-eksamentydperk het minstens 100 000 van hierdie plate die omgewing van ’n welbekende heiligdom in Tokio versier.

Baie gebede het te doen met gesondheid. By ’n heiligdom in Kawasaki, Japan, bid die mense om beskerming teen vigs. “Die belangrikheid daarvan om teen vigs te bid”, het die heiligdom se priester verduidelik, “is dat dit die mense oordeelkundig sal laat optree.” Maar is dit al waaroor gebed gaan?

By ’n ander tempel het ’n bejaarde vrou om “’n skielike dood” gebid. Waarom? Omdat sy ’n uitgerekte siekbed wou vermy en nie ’n las vir haar gesin wou word nie.

In een sogenaamde Christelike land het die kaptein van ’n sokkerspan gebid dat sy span die oorwinning moes behaal en teen beserings beskerm moes word. Katolieke in Pole bid om persoonlike welsyn en versier hulle Madonna met juwele as hulle meen dat hulle gebede verhoor is. Baie mense stroom na kerke soos die welbekende Guadalupe in Mexiko-stad, en Lourdes, Frankryk, waar hulle om wonderkure smeek.

In die Ooste sowel as in die Weste bid die mense om ’n verskeidenheid persoonlike redes. Dit is vanselfsprekend dat hulle wil hê dat hulle gebede gehoor en verhoor moet word. Maar is dit realisties om te verwag dat alle gebede gunstig verhoor sal word? Wat van jou eie gebede? Word hulle verhoor? Trouens, verhoor God hoegenaamd gebede?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel