Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 11/15 bl. 27-28
  • Die goedhartige Romeinse hoofman oor honderd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die goedhartige Romeinse hoofman oor honderd
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees moedig – Jehovah is jou Helper
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Verkondig Jehovah se koninkryk met vrymoedigheid!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • “Nie een van julle sal doodgaan nie”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • Goedhartigheid — ’n Eienskap wat deur woorde en dade gewys word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 11/15 bl. 27-28

Die goedhartige Romeinse hoofman oor honderd

ROMEINSE hoofmanne oor honderd was nie bekend vir hulle goedhartigheid nie. As aanvoerder van ’n afdeling van honderd geharde soldate moes ’n hoofman oor honderd ’n streng drilmeester, iemand wat die orde kan handhaaf en soms selfs ’n laksman wees. Die Bybel vertel ons nietemin van ’n Romeinse hoofman oor honderd van die keiserlike afdeling wat ware vrygewigheid en barmhartigheid aan die apostel Paulus bewys het. Sy naam? Julius.

Die Bybel stel ons in Handelinge hoofstuk 27 aan hierdie man bekend. Die apostel Paulus het versoek dat die keiser sy appèl in Rome moes aanhoor. Gevolglik is Paulus saam met verskeie ander gevangenes onder toesig geplaas van “’n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Julius”. Hulle het uit Cesarea, ’n hawestad noordwes van Jerusalem wat ’n hoofkwartier van die Romeinse troepe was, vertrek. Die geskiedskrywer Lukas sê: “En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Julius het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.”—Handelinge 27:1-3.

Die Bybel sê nie presies waarom Julius beweeg is om sulke goedhartigheid te betoon nie. Hy het moontlik op bevel van goewerneur Festus spesiale behandeling aan Paulus gegee. Of miskien het Julius bloot Paulus se moed en onkreukbaarheid bewonder, aangesien hy bekend was met die omstandighede waaronder Paulus in hegtenis geneem is. In elk geval het Julius blykbaar besef dat Paulus nie sommer enige gevangene was nie.

Nogtans het Julius besluit om nie te luister na Paulus se waarskuwing om nie vanaf Mooi Hawens te vertrek nie. Kort voor lank het ’n stormwind losgebars wat die skip op die sandbanke aan die kus van Noord-Afrika kon laat strand het (Handelinge 27:8-17). Te midde van hierdie storm het Paulus opgestaan en die vreesbevange passasiers verseker dat ‘daar hoegenaamd geen verlies van lewe onder hulle sal wees nie, maar alleen van die skip’. Nogtans het van die matrose later probeer vlug. Paulus het toe vir Julius gesê: “As hierdie manne nie in die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.”—Handelinge 27:21, 22, 30, 31.

Hierdie keer het Julius besluit om na Paulus te luister, en die matrose se ontsnappingspoging is verydel. Net soos Paulus voorspel het, het die skip op ’n sandbank gestrand. Uit vrees dat die gevangenes sou ontsnap, het die soldate aan boord besluit om hulle om die lewe te bring. Weer eens het Julius egter tussenbeide getree en sy manne gekeer en sodoende Paulus se lewe gespaar.—Handelinge 27:32, 41-44.

Die Bybel sê nie wat van hierdie goedhartige hoofman oor honderd geword het en of hy ooit die Christelike geloof aangeneem het nie. Watter goedhartigheid hy ook al betoon het, dit was ’n bewys van die werking van ’n godgegewe gewete (Romeine 2:14, 15). Christene gaan egter verder as mensliewendheid en betoon godvrugtige goedhartigheid omdat hulle die gees van God het (Galasiërs 5:22, NW). As ’n heidense soldaat wat God nie geken het nie goedhartigheid kon betoon, hoeveel te meer moet God se volk dan beweeg word om dit te betoon!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel