Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 11/15 bl. 3
  • Wie word weer gebore?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie word weer gebore?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Emosies en die verstand
  • Die wedergeboorte—Die weg na redding?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hy onderrig Nikodemus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Hy leer Nikodemus in die nag
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Wat beteken dit om weer gebore te word?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 11/15 bl. 3

Wie word weer gebore?

GAAN alle goeie mense hemel toe? Baie mense dink so, maar Jesus Christus het nie daarmee saamgestem nie. Jesus het vir die Joodse owerste Nikodemus, wat in die nag na hom toe gekom het, gesê: “Niemand het opgevaar in die hemel nie.”—Johannes 3:13.

Jesus het nogtans vir Nikodemus gesê dat die tyd sou aanbreek wanneer sommige mense ’n geleentheid sou hê om in die Koninkryk van die hemele in te gaan. Jesus het aangaande diegene gesê: “As iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.” Maar Nikodemus het gewonder hoe enigiemand weer gebore kon word.—Johannes 3:1-9.

Jy wonder moontlik ook wat Jesus bedoel het. Kan sy woorde van toepassing wees op almal wat sê dat hulle met God se heilige gees vervul is en ’n skielike bekering beleef het?

Emosies en die verstand

Party sê ’n belangrike oorweging om vas te stel of iemand weer gebore is, is dat hy die krag van die heilige gees moet voel. Tog kan ons hart en verstand ons bedrieg, veral as dit deur sterk emosie beïnvloed word.—Jeremia 17:9.

William Sargant, ’n navorser op die gebied van die uitwerking van emosie op die verstand, sê dat “ons moet waak teen opvattings wat verkry word wanneer ons emosies opgewek is en ons brein ons moontlik bedrieg”. Volgens William Sargant is een voorbeeld die uitwerking wat opwekkingsprediking en dreigemente van straf in die helse vuur op mense het. Wie sal nie weer gebore wil word om hemel toe te gaan nie as die enigste alternatief ewige foltering is? William Sargant sê dat onder sulke emosionele druk “rede ter syde gestel word, die normale breinrekenaar tydelik buite werking gestel word en nuwe idees en opvattings sonder kritiek aanvaar word”.—The Mind Possessed.

Hoe kan ’n mens dus vasstel of ’n opvatting oor die wedergeboorte “sonder kritiek” aanvaar is? Dit sal waarlik die verstandigste wees om gelei te word deur alles wat God se heilige gees Bybelskrywers geïnspireer het om op te teken. Christene word aangespoor om God ‘met hulle denkvermoë’ te aanbid en om seker te maak dat wat hulle glo die waarheid is.—Romeine 12:1, 2, NW; 1 Thessalonicense 5:21.

Om weer gebore te word, gee mense die geleentheid om een van die wonderlikste voorregte ooit te geniet. Dit hou verband met ’n waarlik merkwaardige ontwikkeling in die uitvoering van God se voorneme. Hoewel al hierdie dinge waar is, ontstaan vrae soos die volgende: Wie word weer gebore? Hoe gebeur dit? Watter vooruitsigte is daar vir sulke mense? En sal net hulle gered word?

[Prent op bladsy 3]

Nikodemus het gewonder hoe enigiemand weer gebore kon word

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel