Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 12/1 bl. 26-29
  • Nie handelaars van God se Woord nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nie handelaars van God se Woord nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Godsdiens onder die vergrootglas
  • Reisende predikers van die eerste eeu
  • Hoe het hulle hulle uitgawes gedek?
  • Beginsels wat deur Paulus toegepas is
  • Nie van gasvryheid afhanklik nie
  • Navolgers in die twintigste eeu
  • Hoe party tot die Koninkrykspredikingswerk bydra
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die Gewer van “elke goeie gawe”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • “Waar kom die geld vandaan?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Put jy vreugde uit “die voorreg om goedgunstig te gee”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 12/1 bl. 26-29

Nie handelaars van God se Woord nie

“ONS het ons bediening vir geld verkoop.” Dít is wat ’n voormalige “telefoongebedprediker” gesê het met wie daar laat in 1991 ’n onderhoud gevoer is vir ’n verslag wat Amerikaanse televisie-evangeliste van naderby beskou het.

Hierdie program het oor drie televisie-evangelistiese bedienings in die Verenigde State gehandel. Dit het aan die lig gebring dat mense elke jaar deur hierdie drie bedienings alleen van tienmiljoene rande gemelk word. Een “bediening” is as ’n “eersteklasfabriek vir skenkings” beskryf. Al drie was in verskeie sake van bedrog betrokke. Skok hierdie dinge jou?

Godsdiens onder die vergrootglas

Regerings, private “waghond”-agentskappe en mense oor die algemeen ondersoek deesdae nie net televisie-evangelisme nie, maar selfs ortodokse, gewone godsdienste. In party gevalle het die kerk se besit van aandelesertifikate, politieke belange wat deur die kerk gefinansier word en die weelderige lewe wat hoogs betaalde geestelikes lei vrae oor die behoorlikheid daarvan laat onstaan.

Hoe voldoen party godsdiensleiers aan die edele beskrywing van die Christenbediening wat die apostel Paulus amper 2 000 jaar gelede gegee het? Hy het geskryf: “Ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus” (2 Korinthiërs 2:17). Wie pas vandag by daardie beskrywing?

Om jou te help om dié saak goed te beoordeel, gaan ons van naderby kyk na hoe die Christenbediening van Paulus en sy medewerkers gefinansier was. In watter opsig het dit verskil van ander van sy dag?

Reisende predikers van die eerste eeu

Paulus was nie die enigste reisende prediker nie. In sy dag het baie gereis om hulle siening van godsdiens en filosofie te bevorder. Die Bybelskrywer Lukas praat van “sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders” (Handelinge 19:13). Toe Jesus Christus die Fariseërs veroordeel het, het hy bygevoeg: “Julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak” (Mattheüs 23:15). Jesus was self ’n reisende bedienaar. Hy het sy apostels en dissipels geleer om hom na te volg deur nie net in Judea en Samaria te preek nie, maar ook “tot aan die uiterste van die aarde”.—Handelinge 1:8.

Jesus se volgelinge het tydens hulle reise nie-Joodse predikers ontmoet. Paulus het in Athene met Epikuriese en Stoïsynse filosowe geredeneer (Handelinge 17:18). Sinici het deur die hele Romeinse Ryk mense deur opswepery probeer oorreed. Diegene wat aan Isis en Serapis toegewy was, het hulle invloed oor vroue en slawe vergroot met beloftes van godsdienstige en sosiale gelykheid met vry manne. Oosterse vrugbaarheidskultusse het die wegspringplek gevorm vir die talle geheimsinnige godsdienste van die Grieks-Romeinse wêreld. ’n Belofte oor versoening van sonde en ’n begeerte om goddelike geheime te openbaar, het volgelinge aangetrek na die valse gode Demeter, Dionysus en Cybele.

Hoe het hulle hulle uitgawes gedek?

Maar dit was duur om te reis. Reisende persone het buiten vrag- en tolgelde en reiskoste, ook voedsel, verblyf, vuurmaakhout, klere en gesondheidsorg nodig gehad. Predikers, leraars, filosowe en mistici het op vyf hoofmaniere in hierdie behoeftes voorsien. Hulle het (1) mense onderrig in ruil vir geld; (2) eenvoudige take en ambagte verrig; (3) gasvryheid en vrywillige skenkings aanvaar; (4) vriende gemaak met ryk beskermhere, dikwels as pedagoge en (5) gebedel. Die beroemde bedelmonnik en sinikus, Diogenes, het as voorbereiding vir afjakke selfs lewelose standbeelde om aalmoese gesmeek.

Paulus het geweet van sommige predikers wat beweer het dat hulle Christenbedienaars is, maar wat, soos party Griekse filosowe, vriende met die rykes gemaak het en van die armes gesteel het. Hy het die gemeente in Korinthe sterk aangespreek en gesê: “Julle verdra . . . as iemand verslind wat julle het, as iemand gryp wat julle het” (2 Korinthiërs 11:20, NW). Jesus Christus het nooit iets gegryp nie, en Paulus en sy medewerkers ook nie. Maar Korinthe se gierige evangeliste was “valse apostels, bedrieglike arbeiders” en bedienaars van Satan.—2 Korinthiërs 11:13-15.

Jesus se opdragte aan sy dissipels het onderrig in ruil vir geld uitgesluit. “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee”, het hy vermaan (Mattheüs 10:8). Hoewel daar dikwels in daardie dae gebedel is, het mense daarop neergesien. Jesus sê in een van sy illustrasies dat ’n sekere bestuurder gesê het: ‘Ek skaam my om te bedel’ (Lukas 16:3). Daarom vind ons nêrens in die Bybelverslag enige melding van Jesus se getroue volgelinge wat vir geld of ander goed gevra het nie. Hulle het volgens dié beginsel geleef: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”—2 Thessalonicense 3:10.

Jesus het sy dissipels aangespoor om op twee maniere in hulle behoeftes te voorsien. Hulle kon eerstens, soos Paulus dit gestel het, ‘van die evangelie lewe’. Hoe? Deur vrywillige gasvryheid te aanvaar (1 Korinthiërs 9:14; Lukas 10:7). Tweedens kon hulle self in hulle materiële behoeftes voorsien.—Lukas 22:36.

Beginsels wat deur Paulus toegepas is

Hoe het Paulus die voorafgaande beginsels toegepas? Wel, Lukas het aangaande die apostel se tweede sendingreis geskryf: “Ons het dan afgevaar van Troas en reguit koers gehou na Samothrace, en die volgende dag na Neapolis, en daarvandaan na Filippi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedonië, ’n kolonie. En ons het in hierdie stad ’n paar dae deurgebring.” Hulle het self al hulle betrokke reis-, voedsel- en verblyfkoste gedek.—Handelinge 16:11, 12.

’n Vrou, Lidia, het mettertyd ‘ag gegee op wat Paulus gesê het. En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing’ (Handelinge 16:13-15). Daarom kon Paulus, moontlik gedeeltelik weens Lidia se gasvryheid, aan medegelowiges in Filippi skryf: “Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink—en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap—oor julle gemeenskap [“bydrae”, NW] aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe.”—Filippense 1:3-5.

Lukas het verskeie gevalle gemeld waar mense hierdie reisende Christenwerkers verwelkom het (Handelinge 16:33, 34; 17:7; 21:7, 8, 16; 28:2, 7, 10, 14). Paulus het in sy geïnspireerde briewe erkenning en dank uitgespreek vir die gasvryheid en die geskenke wat hy ontvang het (Romeine 16:23; 2 Korinthiërs 11:9; Galasiërs 4:13, 14; Filippense 4:15-18). Maar nie hy of sy medewerkers het ooit geskimp dat hulle geskenke of finansiële steun moes ontvang nie. Jehovah se Getuies kan sê dat hierdie goeie gesindheid steeds onder hulle reisende opsieners gesien word.

Nie van gasvryheid afhanklik nie

Paulus was nie van gasvryheid afhanklik nie. Hy het ’n ambag geleer wat harde werk en lang ure vereis het, maar wat min geld ingebring het. Toe die apostel in Korinthe as ’n sendeling aangekom het, het hy “’n Jood gevind met die naam van Aquila, . . . met sy vrou Priscilla. . . . Na hulle toe het hy gegaan; en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want hulle was tentmakers van ambag.”—Handelinge 18:1-3.

Paulus was later in Efese steeds hard aan die werk. (Vergelyk Handelinge 20:34; 1 Korinthiërs 4:11, 12.) Hy het moontlik met silisium gewerk, die growwe, bokhaartentmateriaal uit sy tuisdorpgebied. Ons kan ons Paulus voorstel waar hy op ’n stoel sit, gebukkend oor sy werkbank, terwyl hy tot laat in die nag tente uitsny en dit vaswerk. Aangesien daar nie veel geraas in die winkel was nie, was dit maklik om te praat terwyl jy werk, en Paulus het moontlik die geleentheid gebruik om vir die winkeleienaar, sy werknemers, slawe, klante en vriende te getuig.—Vergelyk 1 Thessalonicense 2:9.

Die sendeling Paulus het geweier om sy bediening te kommersialiseer of in enige opsig die indruk te skep dat hy uit die Woord van God ’n bestaan maak. Hy het vir die Thessalonicense gesê: “Julle weet self hoe julle ons moet navolg, want ons het ons nie onordelik onder julle gedra nie; ook het ons nie brood by iemand kosteloos geëet nie; maar ons het met arbeid en inspanning nag en dag gewerk om nie iemand van julle tot las te wees nie. Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir julle as ’n voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.”—2 Thessalonicense 3:7-9.

Navolgers in die twintigste eeu

Jehovah se Getuies volg tot vandag toe Paulus se goeie voorbeeld na. Ouere manne en bedieningsknegte ontvang nie ’n salaris of selfs ’n bydrae van die gemeentes waarin hulle dien nie. Pleks hiervan voorsien hulle net soos al die ander mense in hulle gesin se behoeftes, die meeste doen dit deur ’n betrekking te aanvaar. Voltydse pionierbedienaars voorsien ook in hulle eie behoeftes, party werk net genoeg om hulle basiese behoeftes te bevredig. Elke jaar reis party Getuies op eie onkoste om predikingswerk te doen in verafgeleë gebiede waar die goeie nuus selde gehoor word. As plaaslike gesinne hulle nooi om by hulle te eet of te bly, waardeer hulle dit, maar hulle misbruik nie sulke gasvryheid nie.

Al die predikings- en onderringtingswerk wat deur Jehovah se Getuies gedoen word, is vrywillig van aard en hulle vra nooit geld vir hulle bediening nie. Maar beskeie skenkings tot hulle wêreldwye predikingswerk word aanvaar en na die Wagtoringgenootskap aangestuur vir daardie doel (Mattheüs 24:14). Die bediening van die Getuies is in elke opsig nie-kommersieel. Elkeen van hulle kan net soos Paulus ook eerlik sê: ‘Kosteloos het ek die evangelie van God aan julle verkondig’ (2 Korinthiërs 11:7). Jehovah se Getuies ‘dryf nie handel met die woord van God nie’.

[Venster op bladsy 27]

HOE PARTY TOT DIE KONINKRYKSWERK BYDRA

◻ SKENKINGS: Vrywillige geldelike bydraes kan regstreeks aan die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania, 25 Columbia Heights, Brooklyn, New York 11201 of aan die Genootskap se plaaslike takkantoor gestuur word. Juwele of ander kosbare artikels kan ook geskenk word. ’n Kort briefie wat meld dat dit ’n onvoorwaardelike bydrae is, moet hierdie bydraes vergesel.

◻ REËLINGS VIR VOORWAARDELIKE SKENKINGS: Geld kan aan die Wagtoringgenootskap gegee word om in trust beheer te word tot die dood van die skenker, op voorwaarde dat dit aan die skenker terugbetaal sal word indien hy dit self nodig sou kry.

◻ VERSEKERING: Die Wagtoringgenootskap kan benoem word as die begunstigde van ’n lewensversekeringspolis of in ’n aftree-/pensioenskema. Die Genootskap moet van sulke reëlings in kennis gestel word.

◻ AANDELE EN OBLIGASIES: Aandele en obligasies kan aan die Wagtoringgenootskap geskenk word deur óf ’n onvoorwaardelike skenking te maak óf deur ’n reëling waarby die inkomste steeds aan die skenker betaal word.

◻ VASTE EIENDOM: Verkoopbare vaste eiendom kan aan die Wagtoringgenootskap geskenk word deur dit onvoorwaardelik te skenk of dit kan geskenk word terwyl die skenker lewensreg daarop behou, wat beteken dat hy of sy gedurende hulle leeftyd daarin mag bly. Voordat enige vaste eiendom aan die Genootskap oorgedra word, moet die Genootskap eers daarvan in kennis gestel word.

◻ TESTAMENTE: Eiendom of geld kan deur ’n wettige testament aan die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania bemaak word. ’n Kopie van die testament moet aan die Genootskap gestuur word. (In Suid-Afrika moet testamente uitgemaak word aan Jehovah se Getuies van Suid-Afrika.)

Skryf aan die Tesourierskantoor, Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die Genootskap se naaste takkantoor, vir verdere inligting oor sulke aangeleenthede.

[Venster op bladsy 29]

SY WOU HELP

DIE 11-jarige Tiffany is ’n skoolmeisie in Baton Rouge, Louisiana, VSA. Hierdie jong Getuie van Jehovah het onlangs ’n opstel geskryf oor die tema “Opvoeding in Amerika”. Haar Getuie-ouers het hierdie brief van die skoolhoof in verband met daardie opstel ontvang:

“Gedurende die Amerikaanse Opvoedingsweek lees ons uit elke standerd ’n uitstaande opstel oor die interkom. Ek het die voorreg gehad om vanoggend Tiffany se opstel te gebruik. Sy is werklik ’n merkwaardige jong dametjie. Sy het ’n waardige houding, sy is selfversekerd, talentvol en vriendelik. Ek sien selde ’n dogter in standerd vier wat so baie van hierdie goeie eienskappe het. Tiffany is ’n aanwins vir ons skool.”

Tiffany het die eerste plek in die opstelwedstryd behaal. Sy het daarna aan die Wagtoringgenootskap geskryf en gesê: “Ek het waarskynlik net die wedstryd gewen omdat ek die publikasie Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk gebruik het. . . . Ek het die hoofstukke oor opvoeding gebruik. . . . Baie dankie vir hierdie nuttige en besielende boek wat julle gepubliseer het. Ek het sewe dollars vir my opstel gewen. Ek skenk hierdie 7 dollars en ’n verdere 13, wat altesaam 20 dollars is, as ’n bydrae tot die wêreldwye predikingswerk. . . . Wanneer ek groot is, wil ek ook graag om Betheldiens aansoek doen.”

[Prent op bladsy 26]

Paulus het met tye ’n bestaan gemaak deur tente te maak

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel