Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 4/1 bl. 8
  • Bybelwaarheid verenig ’n gesin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bybelwaarheid verenig ’n gesin
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah verseker Daniël van ’n wonderlike beloning
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Die boek Daniël en jy
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Versterk deur ’n boodskapper van God
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Gee God werklik vir jou om?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 4/1 bl. 8

Koninkryksverkondigers berig

Bybelwaarheid verenig ’n gesin

GESINSEENHEID behoort vandag in baie wêrelddele byna tot die verlede. Maar die Bybel toon wat die geheim van gesinseenheid is. Beskou Jesus se woorde: “Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het” (Mattheüs 7:24). Duisende gesinne onder Jehovah se Getuies is verenig deurdat hulle hierdie woorde toegepas en die Bybel as ’n grondslag gebruik het om ’n hegte gesin te bou. Ander word ook so verenig, soos die volgende ondervinding toon:

Terwyl Daniel militêre diens in Frankryk gedoen het, het ’n kapelaan voorgestel dat hy ’n Bybel koop, wat hy toe ook gedoen het, en hy het dit gereeld begin lees. Hy is mettertyd na Tahiti verplaas. Party van Daniel se makkers was Adventiste en ander was Mormone. Tydens hulle gesprekke het hulle dikwels oor godsdiens begin gesels. Eendag het ’n hoofsersant Daniel aan sy vrou, een van Jehovah se Getuies, voorgestel. Sy het ’n hele middag daaraan bestee om Daniel se talle vrae te beantwoord en hom gehelp om met een van die plaaslike gemeentes van Jehovah se Getuies in Tahiti in aanraking te kom. Hy het gou met ’n gereelde Bybelstudie begin.

Daniel se ouers in Frankryk was baie opregte Katolieke. Sy pa was ’n skoolvoorligter en het aan die hoof van die godsdiensonderrig by ’n Katolieke skool gestaan. Daniel wou graag vir sy ouers van die kosbare geestelike dinge vertel wat hy geleer het, en hy het geleidelik Bybelse gedagtes hier en daar in sy briewe aan hulle begin insluit.

Daniel se ma het dit aanvanklik baie geniet, maar sy was geskok toe sy die naam Jehovah in een van haar seun se briewe gesien het. ’n Paar dae later het sy tydens ’n radioprogram gehoor hoe Jehovah se Getuies as ’n “gevaarlike sekte” beskryf word. Sy het aan Daniel geskryf en hom gevra om onmiddellik alle kontak met die Getuies te verbreek. Maar Daniel het goeie vordering met sy Bybelstudie gemaak en spoedig reëlings getref om die leër te verlaat en na Frankryk terug te keer.

Toe Daniel eers weer tuis was, het hy elke aand—soms tot laat snags—lang Bybelbesprekings met sy ma gehad. Eindelik het sy ingestem om saam met Daniel na ’n Koninkryksaal toe te gaan. Toe sy haar eerste vergadering bygewoon het, was sy so beïndruk dat sy self met ’n gereelde Bybelstudie begin het. Sy het vinnig vordering gemaak en is gou gedoop.

Daniel se pa was ’n verdraagsame man, maar ’n baie toegewyde persoon waar dit by sy professionele en godsdiensbedrywighede gekom het. Tog het hy sy vrou en Daniel eenkeer na ’n streekbyeenkoms geneem. Dit was 14 Julie, en hy was van plan om na die Bastilledagoptog in die stad te gaan kyk. Terwyl hy gewag het, het hy uit nuuskierigheid besluit om by die byeenkomssaal te gaan inloer. Hy was beïndruk deur die ordelikheid en vrede wat hy onder Jehovah se volk gesien het, en toe hy deur die verskillende byeenkomsafdelings gestap het, het almal hom as “broer” aangespreek. Hy het heeltemal van die Bastilledagoptog vergeet en tot aan die einde van die byeenkoms gebly. Hy het om ’n Bybelstudie gevra en die waarheid vinnig geleer. Maar hoe meer hy geleer het, hoe ongemakliker het hy in sy werk begin voel, en hy het toe op 58 uit sy werk bedank. Nou is al drie die gesinslede toegewy en gedoop en dien hulle Jehovah eendragtig saam.

Bybelwaarheid het Daniel se gesin verenig. Dit kan ander gesinne ook verenig as hulle dit leer en dit heelhartig toepas.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel