Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 7/15 bl. 8-9
  • Jehovah se Getuies in alle wêrelddele—Colombia

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah se Getuies in alle wêrelddele—Colombia
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Sakebestuurders is beïndruk
  • Die waarheid bereik alle soorte
  • “Julle móét dit eenvoudig doen”
    Ontwaak!—1991
  • Die eerste takkantoor honderd jaar gelede
    Ontwaak!—2000
  • Prente van die wêreldhoofkwartier en vername takkantore van Jehovah se Getuies
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Wat word by ’n takkantoor gedoen?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 7/15 bl. 8-9

Jehovah se Getuies in alle wêrelddele—Colombia

COLOMBIA is ’n unieke Suid-Amerikaanse land. Die Atlantiese sowel as die Stille Oseaan grens aan die kuslyn van hierdie vulkaanbedekte land. Die klimaat wissel van die hitte van lae, tropiese kuslyne en vlaktes tot die koue van die hoë, sneeubedekte spitse van die Andesgebergte.a

Hoewel Colombia vir goud en smaragde bekend is, is die land se waardevolste bates sy mense. Vandag vul Jehovah sy geestelike huis met heerlikheid. Pragtige, begeerlike aanbidders stroom in alle dele van die aarde daarheen, ook in Colombia.—Haggai 2:7.

Sakebestuurders is beïndruk

Op Sondag, 1 November 1992, is die Wagtoringgenootskap se nuwe takkantoor en drukfasiliteit in Facatativá, 42 kilometer noordwes van Bogotá, toegewy. Toere van die takkantoor het al ’n groot uitwerking op besoekers gehad. Toe een besoeker teruggekeer het na die fabriek waar hy werk, het hy sy bestuurders opgewonde aangespoor om self te gaan kyk na ’n organisasie wat ‘’n toonbeeld van doeltreffendheid, ordelikheid en werkersgees’ is. Tydens hulle daaropvolgende toer het die bestuurders lewendige belangstelling getoon en baie vrae gevra.

Hierdie bestuurders wou hulle superintendente, opsigters en voormanne—trouens, al hulle werkers—op ’n toer stuur. Hulle het gereël dat van 15 tot 25 werkers elke week op toer gaan totdat die hele personeel van 1 300 hierdie organisatoriese doeltreffendheid gesien het.

Honderde van hulle werkers het deur die takkantoorfasiliteite op toer gegaan en die video Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name gesien. Hulle is beïndruk deur die grootte van die organisasie en die wêreldwye omvang van die Koninkrykspredikingswerk en is verwonderd oor die hoë peil van die tegnologie wat die Genootskap in sy werksaamhede gebruik. Wanneer besoekers vertrek, word daar gehoor hoe baie sê dat hulle voel of hulle ‘die Paradys verlaat om na ’n wanordelike wêreld terug te gaan’.

Die waarheid bereik alle soorte

Alle soorte mense word met die goeie nuus bereik (1 Timotheüs 2:3, 4, NW). ’n Voormalige komponis en leier van ’n heavy metal-rockgroep het byvoorbeeld Bybelwaarheid aangeneem, veranderinge in sy lewe aangebring en kort daarna ’n gewone pionier geword. Later is hy as ’n bedieningskneg aangestel. Verskeie mense wat lede van revolusionêre groepe was, het geleer om hulle vertroue op en hoop in Jehovah se Koninkryk te stel. Hulle verkondig nou ywerig die boodskap van ’n vreedsame nuwe wêreld.

Ook dwelmverslaafdes en -handelaars het hulle al na die waarheid gewend. Een jong man wat nou ’n Getuie is, het vyf jaar lank ’n dwelmplantasie en kokaïenlaboratorium in die oerwoud bestuur voordat hy van daardie soort lewe weggebreek het. Hy het geluk gevind deur Bybelbeginsels te leer en toe te pas. In een strafgevangenis is daar veroordeelde moordenaars wat deur ’n opregte studie van die Bybel beweeg is om ernstig te bid dat Jehovah hulle sondes vergewe en hulle as sy knegte aanvaar.

Só reageer alle soorte mense gunstig op die Koninkryksboodskap. In Colombia, soos elders, vul Jehovah sodoende sy huis met heerlikheid.

[Voetnoot]

a Vir bykomende inligting, sien Jehovah se Getuies se kalender vir 1994.

[Venster op bladsy 8]

OORSIG

1993-diensjaar

VERKONDIGERHOOGTEPUNT: 60 854

VERHOUDING: 1 Getuie vir elke 558

GEDENKMAALOPKOMS: 249 271

GEMIDDELDE PIONIERVERKONDIGERS: 8 487

GEMIDDELDE BYBELSTUDIES: 100 927

AANTAL GEDOOP: 5 183

AANTAL GEMEENTES: 751

TAKKANTOOR: FACATATIVÁ

[Prent op bladsy 9]

Takkantoorpersoneel en sendelinge in 1956

[Prent op bladsy 9]

Die takkantoor uit die lug gesien

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel