“Vreugdevolle Lowers”-Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies
Daar wag drie lonende dae van Bybelonderrig op jou. Aangesien meer as 35 byeenkomste in Suider-Afrika alleen beplan word, sal daar waarskynlik ’n byeenkoms in jou omgewing gehou word.
Op die eerste dag sal die oggendprogram woorde van verwelkoming insluit, sowel as die programrede: “In die hele wêreld as vreugdevolle lowers afgesonder.” In die middag sal die program aandag vestig op die jeug, ouers en opvoeding. “Is ek gereed om te trou?” is ’n toespraak wat jongmense nie sal wil misloop nie. Ouers moet mooi luister na “Ouers wat in hulle kinders behae skep”. Die middagprogram sal afsluit met die toespraak “Opvoeding—Gebruik dit om Jehovah te loof”. Wat bespreek gaan word, sal jongmense help om op skool suksesvol oor die weg te kom.
Op die tweede dag sal die oggendprogram die doop insluit, en daar sal geleentheid wees vir diegene wat aan die vereistes voldoen om gedoop te word. In die middag sal daar ’n openhartige bespreking wees oor hoe Satan van die vroegste tye af geslagsonsedelikheid gebruik het om mense te verstrik. Daar sal ook die kragtige toespraak “Waak teen strikke van die Duiwel” wees. Die dag se program sal afsluit met die belangrike toespraak: “Waarom die mensdom die kennis van God nodig het.”
Gedurende die oggend van die laaste dag sal die simposium met die tema “Vreugdevolle lowers tydens die voleinding van hierdie stelsel” die aandag vestig op die wêreldskokkende gebeure wat nou voor die deur is. Dit sal die dringendheid daarvan beklemtoon om na veiligheid te vlug voor die begin van die “groot verdrukking” waarvan Jesus Christus gepraat het, soos opgeteken staan in Matteus 24:21.
Die oggendprogram sal afsluit met die belangrike drama “Eer bejaarde waardiges”. Daardie middag sal die openbare toespraak, “Loof die Koning van die ewigheid!” gehou word. Dit sal ’n groot hoogtepunt van die byeenkoms wees.
Beplan nou om die byeenkoms by te woon. As jy wil uitvind watter byeenkoms die naaste aan jou gaan wees, kan jy die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies besoek of aan die uitgewers van hierdie tydskrif skryf.